Fees Geskenkgids Vir Tuiniers
Nuwe STIHL-speelgoed vir kinders
Bestee ʼn bietjie gehaltetyd saam met die kinders en STIHL in die tuin en hulle kan net soos Pa wees! Die STIHL-speelgoedkettingsaag het ʼn bewegende ketting, enjingeraas, bewegende trekaansitter en regte krag om enige kind te betower. Die kettingsaag word verkoop met ʼn ekstra (rubber-)ketting.
Dan is daar die kinderhoëdrukskoonmaker met twee hegstukke wat werklik water spuit! En vir meer pret blaas die nuwe speelgoedblaser regtig lug sodat die kinders in die tuin rond kan help (en Pa kan ook die braaier daarmee aan die gang kry).
Die blaser en skoonmaker het ʼn verwyderbare battery wat met ʼn USBlaaier gelaai word. Soos met enige topgehalteartikel is STIHL-produkte slegs by gespesialiseerde handelaars landswyd beskikbaar. Kontak jou naaste handelaar om een van hierdie ongelooflike produkte te bestel!
Intrekbare slangtol
Hou jou tuinslang so netjies moontlik met hierdie Garden Master 20m Retractable Hose Reel. Dit word reeds aanmekaargesit verkoop en is toegerus met ʼn 20 m-tuinslang, passtukke en muurgemonteerde dele. Dit kan ook van die gemonteerde basis afgehaal en as ʼn draagbare eenheid gebruik word. Om dit nog makliker te maak om te gebruik, kan die eenheid 180° swaai en rol die tuinslang weer met min moeite outomaties en gelyk op. Verkrygbaar by Makro en Builders.
Gee bruisende vreugde; gee ʼn Sodastream
Vier met ʼn sjiek nuwe Sodastream die verandering van gewone water in bruisende skeppings! Navorsing toon dat Sodastream-eienaars 83% meer water drink wat goed is om gehidrateer te bly. Jy kan ook jou gaste op alkoholvrye drankies trakteer terwyl die nostalgiese Sodastream se psshhhhh klaarmaak vir onvergeetlike oomblikke. Dis meer as ʼn kombuisapparaat, dis ʼn volhoubaarheidstelling! Verlede jaar het hulle borrels 5 biljoen plastiekbottels vir eenmalige gebruik van afval gered. Hierdie geskenk beliggaam ekobewussyn, welwees en kombuiskreatiwiteit; en is ideaal vir geliefdes wat omgee vir die planeet, hul gesondheid en om die lewe se eenvoudige plesiertjies te geniet. Wees op die uitkyk na Sodastream by kleinhandelaars en ook aanlyn.
Tuingeskenke reg om te gaan
Lifestyle Home Garden het ʼn nuwe geskenkafdeling by die winkel in Randparkrif en aanlyn bekendgestel. Jy kan nie altyd tydens die vakansie by jou geliefdes en vriende wees nie, maar met ʼn spesiale en persoonlik uitgesoekte geskenk van Lifestyle Home Garden kan jy steeds in die feesvreugde deel. Kry jou geskenk in die winkel of doen aanlyn inkopies by www.lifestyle.co.za en hulle sal dit na enige plek in die land toe stuur.
Die geskenk wat ʼn leeftyd hou!
Om daardie perfekte tuinrand te bereik, was nog nooit so maklik met PermaEdge-tuinrand nie. Hierdie produk is ʼn duursame, buigsame en veelsydige oplossing vir die omranding van tuinbeddings, grasperkgebiede, boomringe, paadjies en meer. Maak ʼn tuinier se dag en gee vir hom of haar die perfekte rand!
Kweekhuis vir plante, blomme en kos
Die 3-Tier Grow House van Garden Master is die perfekte struktuur om saad te ontkiem en plante voort te plant en veilig en warm te hou terwyl hulle bewortel. Jy kan heeljaar in hierdie warm omgewing kweek en eetbare gewasse is geneig om 10 tot 12 keer suksesvoller te wees. Hierdie kweekhuis is maklik om aanmekaar te sit met geen gereedskap wat nodig is nie en het ʼn toeritsdeur. Die materiaal wat gebruik word, is sterk staalbuise wat poeierbedek is vir ʼn lang gebruiksduur. Dit is ʼn wonderlike geskenk vir ʼn ywerige tuinier. Verkrygbaar by Makro en Builders.
Mooi tuingereedskap
Die Good Roots 5-piece Garden Tool Set is die ideale stel vir enige ontluikende tuinentoesias en plantouer. Dit sluit in ʼn handvurkie, handgrafie, potskoppie, handonkruidverwyderaar en ʼn handharkie. Hierdie stel met omgewingsverkrygde FSC-houthandvatsels en sterk metaalstele is pragtig en vaardig gemaak en sal teen R380 verseker aan al die vereistes voldoen, by goodroots.co.za of takealot.com
Kragtige koordlose slagboor
Die Cat DX15 Compact Cordless Impact Drill het twee slagtempostellings met kenmerke wat veranderlike spoed, ʼn ligte gewig, spilslot en LED-lig insluit. Dis ʼn gemaklike gereedskapstuk met ʼn klein grootte wat as koordlose boor die werk perfek doen met ʼn boorvermoë van 10 mm en genoeg wringkragstellings vir skroewedraaiertake. Dit het 21 glipkoppelaarposisies vir volle beheer oor boor- en skroewedraaiertake.
Kompakte koordlose grassnyer
Die Worx kompakte, koordlose sny-tot-op-die-rand-grassnyer is onlangs deur Brandroid bekendgestel. Die kombinasie van ʼn groot snydek en hoëkapasiteitbatterye stel die Worx 40V Cordless Lawn Mower in staat om tot 500 m² met een batterylading te sny. Dit sluit unieke tegnologie in wat die krag verhoog wanneer die gras dikker raak, en laat jou daarna toe om dit laer te stel om batterykrag te bespaar. Die sny-tot-op-dierand-ontwerp sny jou grasperk tot nader aan heinings en rande, wat regknip later verminder. Dit het sewe snyhoogtes en ʼn opvoubare handvatsel om gerieflik te bêre.
Kinkelvry gebruiksgerede tuinslangstel
Die Garden Master 12 x 20m FITT Hosepipe with Fittings is verkrygbaar met ʼn kinkelvrye tuinslang, ʼn kraankoppeling en ʼn tuinslangkoppeling wat op ʼn reeks verskillende sproeierkoppelings sal pas. Hierdie stel is te kry met ʼn draaispuitstuk wat reeds ingesluit is dus sal natmaak ʼn vinnige en maklike taak wees om by uit te kom. Is ook moeitevry, maklik om op te rol en te bêre. Verkrygbaar by Makro en Builders.
4-in-1 koordlose lugpomp-enoorleikabelstel
Hierdie Worx WX092.9 20V 4-in-1 Cordless Inflator is ʼn uitstekende gereedskapstuk om byderhand te hê veral as jou motor ʼn pap band het of die battery pap is. Die gereedskapstuk kan met een lading met ʼn akkurate drukmonitor al jou motorbande oppomp; het ʼn LEDlig om as flits te gebruik of wanneer tydens beurtkrag gewerk word; en het al die passtukke wat vir alle soorte kleppe nodig is. Dis ook uitstekend om die kampmatras en ‘n plastiekswembad op te blaas.
Voeg hierby die Worx WX852 12V Multi-Function Car Jump Starter en jy het alles wat jy nodig het. Hierdie oorleikabel kry batterye in petrolenjins van tot 4 L en dieselenjins van tot 3 L aan die gang en is nuttig vir motorvoertuie, bote en ook trekkers. Dis ʼn gerieflike veeldoelige oorleikabel met USB-buitekonneksies vir tablette, fone en ander klein elektroniese toestelle en ʼn LED-lig wat as werklig sowel as flitsende stroboskopiese lig vir noodgevalle dien met buigsame enjinkapmonteeroplossings.