fbpx

Geskenkgids

Mangaves vir die plantversamelaar

Hou op met vervelige vetplante. Kweek liewer Mangaves! Mangave-vetplante is die kiefste kinders van die plantewêreld. Gehard, maklik om te kweek, met ‘n kombinasie van kleure en patrone wat hulle heel swierig maak en ‘n noodsaaklikheid vir die beginner- en ervare plantversamelaar. 

Om te floreer met ‘n bietjie verwaarlosing en steeds fantasties te lyk, is hul ding. Mangaves is uiters veelsydige vetplante en sal byna oral groei, van binnenshuis in baie helder lig tot buitenshuis in ‘n meestal sonnige tot ligte skadukol. Bederf jouself of ‘n vriend. Ons is mal oor Mangaves by Eckards en ons weet dit is net ‘n kwessie van tyd totdat jy ook sal wees. www.eckards.co.za 

Veld – The Gardens and Landscapes of Patrick Watson

‘n Nuwe boek deur Garreth van Niekerk, Veld: The Gardens and Landscapes of Patrick Watson met foto’s deur Elsa Young en kunswerke deur Heidi Fourie is nou beskikbaar, met 23 tuine en landskappe deur landskapsargitek Patrick Watson. Hy word geloof vir sy baanbrekende benadering tot die herstel van gedegradeerde grond en vir sy gebruik van inheemse spesies. Hy het honderde tuine in Afrika en vele ander buite Afrika geskep – wat wissel van uitgebreide landskappe tot pragtige klein huistuine en rustige ruimtes vir stil nadenke. Garreth van Niekerk is ‘n veelbekroonde joernalis en kurator wie se werke die taal van landskap, ontwerp en argitektuur verken. Besoek die webwerf vir handelaars. www.struiknature.co.za/www.penguinrandomhouse.co.za 

Wynkoelerluidspreker-lamp

Vir die persoon wat alles het, is hier iets nuuts. Die Kooduu Synergy-wynkoeler-lamp is die perfekte kombinasie van elegansie en funksionaliteit. Hierdie LEDlamp bied vier ligsterktes, ‘n Bluetooth-luidspreker, en ‘n ingeboude wynkoeler, wat die perfekte atmosfeer vir enige geleentheid skep. Dit is ook waterdig, so dit kan buite gebruik word. www.yuppiechef.co.za

Geliefde handelsmerk word 107

As jy nie ‘n varkwors op die braai kan weerstaan nie, sal jy beslis nie ‘n Eskort-varkwors kan weerstaan nie. Hierdie ikoniese handelsmerk word vanjaar 107 jaar oud. Dit ondersteun boere en verskaf al langer as ‘n eeu gehalteprodukte aan ons. Boonop weet ons almal dat spek alles regmaak! www.eskort.com 

Slim berging vir buitenshuise noodsaaklikhede

Keter se reeks Darwin-tuinhuisies kombineer praktiese, stewige konstruksie van ’n harsmengsel met moderne ontwerp en is beskikbaar in ‘n verskeidenheid groottes. Hierdie tuinhuisies bied die ideale bergplek van al jou buitenshuise noodsaaklikhede, van tuingereedskap tot buitenshuise meubels, waar jy dit ook al nodig het. Beskikbaar by za.keter.com 

Verbeter jou tuinhuisie

Hierdie nuwe bykomstighede van Keter maak organisasie binne die huisie ‘n maklike taak en is versoenbaar met die meeste modelle van Ketertuinhuisies. Die Multi Hanger is ontwerp om verskeie langsteel-gereedskap te berg, en die Shelving Kit 100 wat teen die muur gemonteer kan word, bevat drie sterk rakke wat elk tot 30 kg kan dra, wat waardevolle vloerspasie in jou skuur beskikbaar stel. Besoek za.keter.com vir meer inligting en om aanlyn te koop

Innoverende besproeiingstoestelle

Uitgedink, ontwerp, ontwikkel en vervaardig in Suid-Afrika, Wedgit se waterwyse reeks tuinspuitkoppe, tuinslange en koppelings is nie net ontwerp om plaaslike toestande te hanteer nie, maar neem ook die besproeiing van jou tuin na ‘n nuwe vlak. Die draai-en-sluit reeks sluit spuitkoppe en kraankoppelings in, so met ‘n eenvoudige draai-ensluit-aksie kos dit geen moeite om ‘n tuinslang aan ‘n kraan te koppel of los te maak nie. Besoek die webwerf vir die volledige reeks. www.vermontsales.co.za

Skerpmaak en meer

Een van die vreugdes van tuinmaak is om ‘n behoorlik skerp gereedskap te gebruik. Nou kan jy dit self skerpmaak met die Multi-Sharp-reeks skerpmaakgereedskap vir alle soorte skêre, snoeiskêre, snoeisae en messe. Hulle gebruik wolframkarbied om in ‘n kort tydjie ‘n nuwe snykant te kry. Besoek die webwerf vir hierdie uitstekende reeks produkte. www.vermontsales.co.za 

-->
The Gardener