fbpx

Geskenkgids

Ons keuse van oulike geskenke vir plant- en tuinliefhebbers.

Kry wat jy REGTIG wil hê

Die STIHL GTA 26 koordlose handkettingsaag is ʼn moet-hê vir sowel tuiniers as selfdoenentoesiaste. Dit is veelsydig, stil en kompak, het ʼn 10 cm-leistaaf, sny kragtige en akkuraat, en het ʼn lang batteryleeftyd wat dit ideaal maak vir selfdoenprojekte met hout as basis asook die snoei van struike en bome. Voeg dit nou op jou wenslys by!

www.stihl.co.za

Lugplantbeginpak

Lugplante is ideale geskenke vir nuwelingtuiniers, of ervare tuiniers wat op soek is na iets nuuts om te beproef. Die beginpak het ʼn plantkeuse met verskillende kleure en teksture, en is ʼn uitstekende manier om jou versameling te begin. Die pak sluit in nege geëtiketteerde plante asook versorgingswenke en aanwysings, wat alles in ʼn geskenkboks verpak is. Die pak word oral in Suid-Afrika by jou deur afgelewer, en kan ook met geskenkpapier toegedraai word met ʼn spesiale boodskap vir jou geliefde.

www.rareandair.co.za

Gee vir iemand ʼn pragtige byehotel

Gee hierdie feestyd ʼn geskenk wat ook vir die omgewing goed is. Die Candide Solitary Bee Hotel gee vir alleenloperbye ʼn veilige plek om te woon en te broei, en word gesteun deur Candide se #PolliNationSA Movement, wat daarop gerig is om SuidAfrikaners te werf om bestuiwers te word deur byvriendelike plante te plant. Deur die hotel in jou tuin aan te bring skep jy nie net ʼn veilige habitat vir alleenloperbye nie, maar lok ook hierdie waardevolle bestuiwers vir die bestuiwing van jou blomme en gewasse. Die Hotel se kleinhandelprys is R240.00 – koop aanlyn by www.candide.co.za. Volg #PolliNationSA @candideappza op Instagram en Facebook.

Macramépothanger

Hierdie stewige macramédubbelplanthanger is ʼn pragtige manier om jou huis groener te maak sonder om ruimte in beslag te neem.

www.thesooq.co.za

Die perfekte geskenk vir elke geleentheid

Daar is soveel wonderlike tuingoed op die TanyaVisser.com-webwerf dat dit dalk moeilik is om jou geskenke te kies. Moet jou egter nie bekommer nie, kry ʼn geskenkbewys en gee jou geliefde die perfekte geskenk.

www.tanyavisser.com

Kospakkies vir orgideë

Starke Ayres het die perfekte geskenk vir orgideeliefhebbers in die Garden Care-reeks. Gebruik die laestikstof-Flowering Orchidsformule as jou orgideë blom, en as hulle nie blom nie, sal die Growing Orchids-formule vir hulle al die voeding gee wat hulle nodig het om op hul beste te presteer.

www.starkeayres.com

GARDENA City Gardening Balcony Basic Set

Hierdie praktiese tuinmaakstel is die perfekte begin in die wêreld van handgereedskap vir alle stokperdjietuiniers en is ‘n goeie geskenk. Dit sluit in ʼn stewige meerdoelige beker, handgrafie en snoeiskêr. Die beker het verskeie gebruike – vir potgrond, om klein bietjies sierklippies of gruis te verskuif, of as kompakte gieter. Hierdie basiese stel is deel van die GARDENA City Gardening-reeks en word verpak in ʼn mooi omhulsel.

www.gardena.co.za

Iets fleurigs

Ongeag wat Lou Harvey maak, hou sy van botaniese stof en motiewe wat die natuur huldig, sowel as sterk blomafdrukke. Sy put inspirasie uit verskeie bronne: natuurelemente, argitektuur, eksotiese bestemmings soos Marokko en, natuurlik, ons pragtige plaaslike landskap. Jy sal hierdie ontwerpe deur haar hele versameling aantref, met ʼn eindelose lys van keuses en items om jou geïnspireer te laat voel. Daar is alles van sakke (vir die strand, jou skootrekenaar of skoonheidsmiddels, skryfbehoeftes of skoolmiddagetes) tot handdoeke, asook rugsakke en voorskote vir kinders.

www.louharvey.co.za

Wen een van Lou Harvey se pragtige sakke deur op The Gardener se plasing deel te neem. Klik hier om kommentaar te lewer:

Facebook

Instagram

Stop allergene met Henry Allergy

Soms kan die kleinste goedjies die grootste probleme veroorsaak. Ongeveer een uit drie mense ly aan stofverwante allergieë wat veroorsaak word deur allergene soos stuifmeel, troeteldierskilfers en stofmyte. Henry Allergy is hier om te help! Toegerus met ʼn HEPA-filter saam met sy TriTex-filter en HepaFlo-filtersakke vang dit partikels vas wat in die breedte 800 keer kleiner as ʼn menshaar is.

www.numaticshop.co.za

Kersfees vir die voëls

Hierdie handgeverfde Wild Wings-terracotta-reeks is die perfekte geskenk vir enige voëlkykentoesias. Die reeks sluit in voëlvoerders en voëlbaddens wat maklik met warm seepwater skoongewas kan word. Hierdie produkte bevat slegs die beste bestanddele sodat die voëls die perfekte aanvullende voedsel het – heerlik sowel as voedsaam. Al die produkte word in Suid-Afrika met die hand gemaak.

www.kirchhoffs.co.za

Versprei ʼn bietjie vreugde

Woolies het die doelwit gestel om ons gemeenskap te voed deur hierdie Kersfees eenmiljoen maaltye te gee. Net R10 gee vir een persoon drie maaltye per dag. Wooliesklante kan soveel gee as hulle kan tussen 2 November en 31 Desember 2020 om hierdie doelwit te bereik. Daar is talle maniere om by te dra (jy kan veeg, skandeer, ʼn saakverwante sak of armband koop, deur EFT of met ʼn krediet- of debiedkaart gee) dus het ons dit werklik maklik gemaak om terug te gee en ʼn groot verskil te maak. Besoek www. woolworths.co.za/zerohunger vir meer inligting oor hierdie inisiatief. Besigtig die Wooliesreeks feesgeskenke en dekor terwyl jy daar is.

www.woolworths.co.za

MOONLIGHT 2021 Calendar

Die Moonlight 2021 Calendar is nou beskikbaar! Dis die ideale Kersgeskenk vir maanliefhebbers, of hulle nou tuiniers, boere, vissers, beplanners, fotograwe of natuurkundiges is. Hierdie jaarlikse plakkaatgrootte kalender, wat saamgestel word deur Ilona Thorndike wat die Maankalender vir die tydskrifte The Gardener en Die Tuinier behartig, toon die plaaslike maanfases, maandiereriemtekens en die vrugbaarheidsikons vir tuinmaak volgens die maan aan.

Spesiale Kersgeskenkaanbod:

Koop een Moonlight 2021 Calendar vir R115 as dit per gewone pos of vir R145 as dit per geregistreerde pos en met ʼn spoornommer afgelewer word. As die Moonlight 2021 Calendar vir vriende gekoop word, vra vir ʼn drukbare geskenkkaart. E-pos jou bestelling na: ilona@moontime.co.za met TG2021 in die onderwerpreël, of vir meer inligting oor meervoudige bestellings en ander afleweringskeuses.

Het jy vrye tyd tydens die Desembervakansie? Wat van ʼn paar opwindende selfdoentakies rondom die huis rond verrig, soos om selfs jou dammetjie op te knap?

Click here to view all of our Garden Galleria features

-->
The Gardener