
Lentetuinmark

Vier die lente met mooi plante en wonderlike tuinmaakprodukte.

Nuwe Megapakke
MayFord het pas ʼn nuwe Megapakreeks Lenteblomme bekendgestel. Die Megapakke maak dit maklik om te sien wat die saad in jou tuin kan doen danksy ikons soos “Throw & Sow” (maklike saai), “Waterwise” en “Indigenous” (minwatergebruiker), “Bee Friendly” (goed vir bestuiwers), “Cut Flower” (goed vir die vaas), en ʼn ikon om die verwagte dekking aan te dui. Die saaiaanwysings agterop die pakkie is verbeter om dit nog makliker te maak om te volg. Wees op die uitkyk na die nuwe verpakkings by jou plaaslike tuinwinkel.

Wolke diamante
Euphorbia ‘Diamond Frost’ is amper die perfekte plant en in elke opsig ʼn wenner. Hierdie bekroonde euphorbia lyk dalk delikaat, maar is eintlik rateltaai. Dit verlang min sorg, is hitte- en droogtebestand, en hoef slegs sesweekliks bemes te word om heelseisoen aanhoudend wolke lugtige wit blomme te dra. ‘Diamond Frost’ wil liewer in houers of tuinbeddings in die son of gedeeltelike son geplant word, maar vaar ook goed in skadutoestande. Plant dit alleen in ʼn houer vir ʼn treffende fokuspunt of saam met ander plante in gemengde houers. Dis uitstekend om vir die vaas te pluk en word 30 cm by 30 cm. www.keithkirsten.com

Vernuftige kweekhuis
As jy van ontwerp en estetika asook tuinmaak hou, soek nie verder as die Maple Grow House van Keter nie. Dit is mooi genoeg om jou patio af te rond, en is gemaak van topgehalte Evotech saamgestelde materiaal, wat soos regte hout lyk en voel met al die voordele van hars. Dit beteken dit sal nie verrot of deur termiete gevreet of selfs deur die son beskadig word nie. Die kweekhuisdeksel laat jou toe om jou groente en kruie aan te hou oes selfs al is dit koud, reënerig en winderig. Besoek https://za.keter.com/ om meer te sien.

ʼn Verbysterende bloue
Nog ʼn bekroonde plant van Proven Winners is die voortdurend blommende Evolvulus ‘Blue My Mind’ met sy suiwer blou blomme en donsige silwergroen loof. Hierdie dwergpurperwinde is uiters hittebestand, dooie blomme hoef nie uitgebreek te word nie, en dit presteer die beste in volson in tuinbeddings of houers. Beskut dit egter teen selfs die ligste ryp. Dit is droogtebestand as dit eers gevestig is, maar vaar beter met voortdurende vog. ʼn Goeie dosis kompos of stadig vrystellende misstof verbeter sy prestasie. Dit word 20 cm hoog en kan 40 cm versprei en rank. www.keithkirsten.com

Terminex-insekdoder
Protek Terminex 350 SC verskaf vinnige beskerming teen houtvernietigende termiete in en om die huis. Die sterk aktiewe bestanddeel, Imidaklopried 350, bied uitstekende waarde vir geld en word nou verpak in 500 ml-bottels. Meng net 7,2 ml Terminex 350 SC met 10 liter water. Die nuwe 500 ml-bottel behandel 138 m², wat die beste waarde vir geld vir die behandeling van houtvernietigende termiete bied. Terminex 350 SC kan as voorkomende of korrektiewe sloot- en nesbehandeling toegedien word.

Triclon-plantdoder
Get rid of unwanted trees, woody plants and weeds with Protek Triclon. Triclon is a high-concentration systemic tree killer and herbicide, and can be applied as a foliar spray to actively growing plants or as a stump Raak ontslae van ongevraagde bome, houterige plante en onkruid met Protek Triclon. Triclon is ʼn sistemiese hoëkonsentrasieboom- en plantdoder wat toegedien word as blaarspuitstof op aktief groeiende plante, as stompbehandeling (wat binne 12 uur toegedien moet word nadat die boom afgekap is), as basale bastoediening, of vir keep en spuit. Triclon word nou ook in 1 liter-bottels verpak en bied uitstekende waarde vir geld.

Imidor 350 SC-insekdoder
Imidor 350 SC is ʼn sistemiese insekdoder met lang nawerking vir die beheer van suigende en bytende insekte soos plantluise (waaronder konifeerplantluise), silla op sitrusbome, rooidopluis, witvlieg, witluis, molkrieke en miswurms. Hierdie produk word seisoenaal op die wortelgebied van die plant toegedien en vir voorkomende en korrektiewe beheer gebruik. Dit is te kry in 100 ml- en 500 ml-houers wat ware waarde vir geld bied! www.proteksa.co.za

Koordlose Paalsaag
Sny en snoei takke tot 4 m van die grond af met hierdie batteryaangedrewe hoëprestasiepaalsaag. Dit spog met ʼn ten volle verstelbare snykop en roterende agterhandvatsel wat beheer maklik maak en die werk gedoen kry. ʼn Leer is onnodig met hierdie kettingsaag omdat dit ʼn verstelbare skuins snykop van 30° en verlengbare paal het wat tot 4 m kan bereik asook ʼn kettingspoed van 5,5 m/s. Kry vinniger en makliker meer gedoen. https://www.worxtools.co.za/
Hê ʼn wenkans vir ʼn Koordlose Paalsaag. Om in te skryf, besoek The Gardener Facebook-blad.