Noodsaaklike Somertuinmaak
Of dit nou plante, tuinmaak gereedskappe, plant kos of heerlike verversings is, ons het ‘n wye verskeidenheid tuinmaak noodsaaklikhede.
Gestreepte agapant vir alle tuine
Agapanthus praecox ‘Zambezi’, wat deur Keith Kirsten aan jou gebring word, het unieke breë donkergroen blare met roomgeel strepe en ʼn breë goudgeel buiterand. Dit het langhoudende violet blomme aan lang stamme en tref sterk in enige tuin. Dis ʼn uitstekende houerplant en is die perfekte randakkerplant vir die meerjarige tuin.
2021 Garden World-somerfees “Gardens for the Soul”
“Gardens for the Soul” is die tema van vanjaar se Somerfees by Garden World, wat van Vrydag 22 Oktober tot Sondag 5 Desember duur. Sowel die nuwe as die oorgemaakte ontwerpertuine vertoon die jongste tuinneigings en vind slim oplossings vir klein buiteruimtes deur ʼn verskeidenheid plante en natuurlike hardelandskapperingsprodukte te gebruik. As gekyk word na wat tans in 2021 hoogmode is, het die organiseerders van vanjaar se Somerfees Gesondheid, Welwees en Rehabilitasie probeer weergee wat diep ervaar word deur almal wat die tuine besoek
Garden World is in Beyers Naudérylaan in Muldersdrift. Bel Garden World vir inligting oor die Somerfees en bespreking vir die praatjies en werkswinkels by 011 957 2545 of 011 957 2047.
Besoek www.gardenworld.co.za vir meer inligting oor die fees.
3-in-1-roosbeskerming
Die beste verdediging wat jou roosbos teen hitte en siektes het, is sy blare. Die blare reguleer die hitte en hou die plantstelsel koel. As die blare beskadig en deur siektes geteister word, sal jou roosbos nie goed presteer nie en vatbaar wees vir aanvalle van insekte soos plantluise en rooispinmyt. Swaminfeksies soos swartvlek, poeieragtige meeldou en roes beïnvloed die blare direk. Protek se Rose Guard bied effektiewe 3-in-1- beskerming teen hierdie algemene plae en siektes. Hierdie kontakinsekdoder en kontaken sistemiese swamdoder sal al jou probleme uitskakel voor hulle jou roosbos uitroei.
Vars en vrugtige gegeurde water
Ons het onlangs nuwe gegeurde water beproef, en was dit nou lekker. A1 Fruit Water verskil ʼn bietjie van die ander soorte gegeurde water op die mark deurdat dit net met regte vrugte gegeur word. Dit word plaaslik in SA vervaardig en is te kry in die drie geure mandaryn, pomelo en suurlemoen.
Deesdae is ons meer bewus van ons gesondheid en weet dat dit wat ons inneem ʼn direkte invloed op ons gesondheid het: A1 is vry van suiker, versoeters, preserveermiddels en selfs kalorieë, en die natuurlike vrugteaftreksel en -geure wat in A1 Fruit Water gevind word, word tydens die vervaardiging van vrugtekonsentraat as byproduk verkry.
Besoek www.a1fruitwater.com vir meer inligting.
Turbovoed jou grasperk
TurboGrass 10:1:5 (25) waarborg geweldig vinnige resultate. Bygevoegde sekondêre en spoorelemente bevorder drastiese vergroening, siektebestandheid en onkruidonderdrukking, wat verseker dat jou grasperke langer welig bly. Geniet moeitevrye bemesting met hierdie uniek geformuleerde kwaliteitproduk van Kynoch. Versprei deur Mango Moon Trading.
Vir die perfekte afwerking
Die STIHL HSA 26 koordlose struikskêr knip sierbome en kleiner heinings vinnig reg vir ʼn indrukwekkend professionele voorkoms. Dit is ideaal om patiorande en rondom potte te sny, en vir netjiese rande om grasperke en blombeddings. Die struikskêr is te kry in ʼn netjiese drasak, wat ʼn graslem, struiklem, battery en laaier bevat.
Innoverende misstof vir groente
KynoVeg 2:3:4 (25) is ʼn nuwegeslagmisstof wat op ʼn ou gunstelingformulering gegrond is. Hierdie algemene misstof wat onlangs deur Kynoch, een van Suid-Afrika se voorste vervaardigers, op die kleinhandelmark bekendgestel is, is die perfekte keuse om voedingstofryke groente asook blaar- en vrugdraende gewasse te kweek.
Benewens die gekonsentreerde NPK-waarde verseker spoorelemente ook grondvernuwing, optimale groei en maksimum opbrengs. Versprei deur Mango Moon Trading.