fbpx

November-Tuinmaakgoed

Kry hierdie tuinmaakprodukte in die hande vir die komende somertyd.

Skoffelploegkeuses

As jy in ʼn skoffelploeg belang stel, is die voor- en die agtertandskoffelploeg twee keuses wat die werk gedoen kry. Watter een moet jy egter kies? Vir groot, oop gebiede is ʼn agtertandskoffelploeg met teendraaiing en ruim werkwydte die geskikste masjien. Agtertandmodelle is slegs vir gebruik op verdigte grond en grasperke ontwerp en kan dieper as hul voortandekwivalente indring en veel dieper grawe, wat uitstekend is om nuwe tuinbeddings te maak.

Voortandskoffelploeë is geskik vir kleiner gebiede met nouer ruimtes en minder landskappeerwerk, waaronder kweekhuise, klein landbouhoewes, stukkies tuingrond en tonnelonderhoud. Hierdie skoffelploeë word aangedryf deur die tande wat net in een rigting kan beweeg – vorentoe. Hulle is ideaal om in klein ruimtetjies in te kom en rondom plante te beweeg. Standaardwerkwydtes wissel van 74 cm tot 135 cm, en nog tande kan bygevoeg word om jou ploeggrootte pas te maak. Die enjins van hierdie masjiene is gewoonlik ligter en nie so kragtig as hul swaarder ekwivalente nie, maar is ook kleiner en daarom makliker om te berg en te vervoer. Besoek Husqvarna se webwerf vir hul reeks voor- en agtertandskoffelploeë.

www.husqvarna.co.za

Koordlose struik- en grasskĂªr asook onkruidverwyderaar

Die Worx Shrub and Grass Shear is te kry met drie maklik omruilbare lemstelle wat jou in staat stel om struike te vorm sowel as jou grasperk af te kant. ʼn Onkruidverwyderingslem is ook ingesluit. Die gereedskapstuk het ʼn gemaklike sagtegreephandvatsel, is lig en weeg net 150 g. Dit werk met ʼn 20 V-litiumioonbattery wat met ander 20 V-Worxgereedskapstukke uitgeruil kan word.

www.vermontsales.co.za

Vertikaal en maklik

Maak vertikale tuinmaak maklik met die Vertical Garden Cascade Wall. Hierdie modulĂªre stelsel is te kry as ʼn stel met 12 houers en potte en ʼn deurvloeibenattingstelsel vir gelyke waterverspreiding. Oortollige water loop in die ingeslote pierings uit. Monteer diĂ© moderne tuin teen ʼn muur binne of buite en beplant dit met jou gunstelingplante vir ʼn treffende groen muur.

https://holt.co.za

Sit die turbo aan met Kynochgrasperkmisstof

Kynoch TurboGrass for Lawns 10.1.5 (25) is ʼn snelwerkende grasperkmisstof wat baie regkry. Bygevoegde sekondĂªre en spoorelemente bevorder drastiese vergroening, siekteweerstand en onkruidonderdrukking wat verseker jou grasperk bly langer welig. Gebruik 35 g per m2 in die somer en herfs en verhoog dit tot 50 g per m2 in die lente. Moenie hierdie hoeveelheid oorskry nie en maak baie goed nat na toediening. Geniet moeitevrye bemesting met hierdie uniek geformuleerde kwaliteitsproduk van Kynoch. Dit word deur Mango Moon Trading versprei.

www.mangomooncc.co.za

ʼn Huis vir kweek

Elke tuinier droom van ʼn kweekhuis waarin plante maklik sonder sukkel en teen die elemente beskerm gekweek kan word. Dit kan nou verwesenlik word met die Maple Grow House wat ook mooi genoeg is om op jou patio te hou. Dis gemaak van ʼn puik plastiekharssamestelling wat soos hout lyk en voel met die weerbestande voordele van hars. Hierdie stylvolle kweekhuis het ʼn verhoogde plantbak wat nie hope grond nodig het nie, en as jou groente en kruie eers geplant is, kan hulle met die nylonbedekking teen koue, wind en swaar reĂ«n beskerm word.

https://za.keter.com

Wees lief vir jou binneplante

Swammuggies is piepklein insekplae wat onskadelik vir mens is, maar lief is vir die klam grond om jou huisplante. Hulle lĂª hul eiers op die grond, en die larwes voed op plantwortels, wat aansienlike skade aanrig en siektes versprei. As volwassenes vlieg hulle na nuwe plekke toe weg om voort te plant en te voed. Monitor en bestuur swammuggies met Insect Science se ekovriendelike Yellow Sticky Cards. Hierdie kaartjies lok en vang die muggies, wat die probleem van wegvlieg na ander plante toe oplos.

www.insectscience.co.za

Van grond tot tafel

Of jy nou groente, kruie of blomme kweek, sal ʼn Full Bloom Garden Bed die lewe soveel makliker maak. Eerstens is dit opgebou, wat geen buk tot gevolg het nie. Verder is dit gemaak met ʼn gladde rottangafwerking wat perfek op enige patio sal pas. Ook is dit te kry met ʼn ingeboude waterstelsel wat die raaiwerk uitskakel oor wanneer om nat te maak, en met ʼn verwyderbare dreineerkraan sodat dit ook binne gebruik kan word. Dit is van duursame plastiekhars gemaak en die plantruimte is groot genoeg vir ʼn goeie verskeidenheid groente en kruie.

https://za.keter.com/

ʼn Maklike manier om water te bespaar

Bespaar water terwyl jy seker maak jou tuin gedy deur EXLGel te gebruik wanneer jy hangmandjies en potte asook tuin- en groentebeddings beplant. Plante, veral saailinge, groei beter vanweĂ« beter belugte grond. EXLGel-sakkies bevat korrels wat uitswel wanneer dit met ʼn liter water gemeng word, en is maklik om by jou plantmedium in te meng. Vog word behou, wat die nodigheid vir gereelde natmaak verminder – wat jou tyd en geld spaar!

www.mangomooncc.co.za

Click here to view all of our Garden Galleria features

Advertisements
-->
The Gardener