
Oktober-tuinmaakgoed

Ons het ʼn klompie splinternuwe tuinmaakprodukte om jou tuin hierdie Oktober te help.

Nuwe Bushel & Berry-bloubessies
ʼn Mens het nie ʼn groot tuin nodig om jou eie bloubessies te kweek nie. Die splinternuwe Bushel and Berry Collection verander heeltemal hoe ons oor bessieplante dink. Die variëteite is kompak, wat hulle ideaal vir houertuinmaak maak met ‘Peach Sorbet’ en ‘Pink Icing’ as die eerste twee variëteite wat bekend gestel is.
‘Peach Sorbet’ spog met treffende perske, pienk, oranje en smaraggroen blare met wit klokvormige blomme wat in die lente verskyn en tot ʼn oorvloedige someroes van bloubessies lei. In die meeste klimaatstreke behou dié plant sy blare heelwinter en verkleur ʼn ryk eiervrugpers.
Met sy sierlike loof en groot soet bessies lyk ‘Pink Icing’ ongelooflik in al die seisoene. Hierdie treffende bloubessie het blare in skakerings van pienk, diepblou en groen. Die blare verkleur turkooisblou in die winter.
Wees op die uitkyk na hierdie pragstukke by jou plaaslike kwekery of tuinsentrum om in sierlike patiopotte of in die landskap te plant.

Kweek aarbeie van saad
Sedert verlede somer toe aarbeisaad die eerste maal in Suid-Afrika beskikbaar gestel is, het dit geblyk dat die kweek van aarbeie van saad ‘n treffer is. Dis nie net maklik om aarbeie van saad te kweek nie, maar hulle bied ook ʼn oorvloed soet, geronde vrugte.
MayFord se aarbei ‘Florian’ dra pragtige helderpienk blomme wat gevolg word deur ʼn ryk oes van geurige rooi vrugte van die perfekte grootte met ʼn kenmerkende geur in die Japanse styl. Saai in die lente en oes die heerlike vrugte vanaf vroegsomer reg deur tot die herfs. Die saad is verkrygbaar by uitgesoekte tuinsentrums en kleinhandelaars.

Nuwe Amarillis-boek het verskyn
Ons kundige medewerker van dié tydskrif oor baie jare, Graham Duncan, en botaniese kunstenaars Barbara Jeppe en Leigh Voigt is klaar met hul Field Guide to the Amaryllis Family of Southern Africa & Surrounding Territories, en dit is nou by die uitgewer Penguin Random House aanlyn en by boekwinkels landswyd verkrygbaar.
Suider-Afrika word as ʼn vername diversiteitsgebied vir hierdie interessante familie beskou, en dié boeiende gids toon al die spesies wat in die streek voorkom en deel hulle gerieflik volgens die bioom van hul natuurlike habitat in. Dit sluit ook ʼn nuttige sleutel tot genera en spesies in. Hierdie boek is ʼn uiters waardevolle toevoeging tot die biblioteek van enige plant- of natuurliefhebber en maak ʼn wonderlike geskenk uit.

Maak plaagbestuur maklik…
Lentetyd is patrollietyd in jou tuin om plante en eetbare plante te ondersoek vir suigende peste wat graag op jong plante voed. Voorkom plaagbesmetting deur geel kleefkaartjies te gebruik om plantluise, blaarspringers, blaaspootjies en witvlieg te monitor en te beheer.
Die blare en stammetjie van ʼn plant wat swaarkry, kan geel verkleur. Evolusie oor miljoene jare het dié insekplae geleer om koers te kry na hierdie swakker plante. Die Insect Science Home and Garden-reeks gebruik geel van ʼn spesifieke golflengte om ʼn eenvoudige, ekovriendelike oplossing vir verantwoordelike plaagbestuur te bied deur die natuur se maniere te benut en geen skadelike residu’s te laat nie. Gaan kyk na hierdie nuwe produkte wat aanlyn en by kwekerye en winkels te kry is.

Lewe in ʼn pot
Besoek www.hobbylifeafrica.com om na die lieflike reeks topkwaliteitplantpotte te kyk. Met verskeie kleure en style om by jou omgewing en voorkeure te pas, sal jy net die regte produkte vind om jou omgewing af te rond en te verfraai, wat rus en vreedsaamheid aan jou huis of kantoor binne sowel as buite sal verleen. Te kry by Hobby Life Africa.

Gee iemand ʼn sonneblom
Hierdie maand ontvang al ons intekenaars ʼn pakkie sonneblomsaad wat nou in die lente of in die somer geplant kan word. Binne 70 tot 90 dae sal jy jou sonneblomme kan pluk en aan ʼn willekeurige persoon kan gee in die Sowing Smiles-veldtog van Kirchhoffs Seeds. Kyk op bladsy 56 van hierdie uitgawe om te sien hoe jy kan inteken of besoek www.thegardener.co.za. Besoek www.kirchhoffs.co.za vir meer oor die saad.

Protek se stikstofregsteller
Fotosintese is noodsaaklik vir normale plantgroei. Al weet ons almal dat chlorofil die chemikalie onderliggend aan fotosintese is, weet ons dalk nie dat stikstof (N) ʼn belangrike komponent van chlorofil is nie. Dit is waarom plante wat genoeg stikstof het, donkerblougroen van kleur is, en waar stikstof kortkom, is die blare liggroen van kleur en kan in uiterste gevalle selfs geel wees. In hierdie gevalle word plantgroei onderdruk as gevolg van onvoldoende fotosintese. Protek se Nitrogreen KAN/LAN (17 %) verskaf stikstof vir chlorofil wat aktiewe vegetatiewe groei van struike, groente, grasperke en vrugtebome bevorder.