Ons vier Moedersdag
“Die lewe kom nie met ʼn handleiding nie. Dit kom met ʼn moeder.”
Maak Ma hierdie Moedersdag bly met die geskenk van gelukkige en veilige tuinmaak. Die EcoBuz-geskenkpak bevat ʼn verskeidenheid omgewings- en kindervriendelike tuinmaakprodukte. Ons Nurture-produkte bou gesonde grond en plante, en ondersteun sterk plante wat plaag- en siektebestand is. Sodra ongenooide gaste wel opdaag, verskaf ons biologiese Protect-reeks beheer sonder om voordelige insekte te benadeel en sonder enige chemiese residu’s: Behandel vandag, eet vandag. Gee jou ma die geskenk van stresvrye tuinmaak wat geen skadelike uitwerking op haar, haar kinders of kleinkinders het nie.
Vertrek in styl
Ware tuiniers word nie deur die reën afgeskrik nie: Hulle trek eenvoudig ʼn waterdigte poncho aan en hou aan tuinmaak. Rosehip Waterproof Ponchos word met trots in Suid-Afrika gemaak en is te kry in ʼn groot verskeidenheid botaniese drukstowwe. Vou hulle op en sit in ʼn klein sakkie wat met ʼn toutjie toetrek om maklik te bêre. Die poncho’s is ook ʼn noodsaaklike item vir ma’s wat ure langs ʼn sportveld deurbring, ongeag die weer. Besoek die webwerf om na die hele reeks te kyk.
Om in aanmerking te kom om een van hierdie pragtige Poncho’s te WEN, gaan asseblief na ons Facebook-blad vir besonderhede oor hoe om in te skryf.
Laat jou geligte tuin vir jou werk
Kweek jou kos oral met ʼn Vegepod. Hulle is te kry in drie verskillende groottes (0,5 x 1 m, 1 m x 1 m, 2 m x 1 m) om by elke behoefte te pas en maak gebruik van waterpittegnologie, wat tot 80% minder water gebruik. Die beskermende maasbedekking beskut teen plae en strawwe elemente, en skep ʼn mikroklimaat vir optimale groei. Die Vegepod is ook met ʼn sagte misbesproeiingstelsel toegerus en kan saam met ʼn staander of trollie gebruik word om dit nog makliker te maak om jou eie te kweek. Vegepods word van voedselgraadpolipropileen gemaak, het ʼn 10-jaarwaarborg en kan landswyd afgelewer word.
SPESIALE AANBIEDING: Kry 10% afslag as jy vir Moedersdag ʼn Vegepod koop. Bestel in Meimaand en gebruik die afslagkode MOM10 by die betaalpunt.
Henry Allergy
Dié van ons wat aan allergiese asma of hooikoors ly, is dikwels gevoelig vir katte- en hondeallergene wat in tapyte en bekleedsel vasgevang word. Die toekenning van die Britse Allergiestigting se Seël van Goedkeuring staaf wetenskaplik dat Henry Allergy blootstelling aan stof- en troeteldierverwante allergene in die huis rond verminder danksy sy gevorderde filtreerstelsel en spesialisgereedskapstel. Henry Allergy wat met ʼn gevorderde drievlak-HEPA-filtreerstelsel toegerus is, is veel meer as ʼn gewone stofsuier deurdat dit deeltjies vasvang wat tot 800 keer kleiner in breedte as ʼn menshaar is.
Spesiale pakkette
Wit hiasinte het lank die simboliese betekenis gehad van om vir iemand sukses toe te wens. Betoon hierdie Moedersdag liefde aan die tuinmaakma in jou lewe met ʼn spesiale geskenk net vir haar. Hierdie bolpakket sluit in ʼn terracottapot, ʼn gereedskapstel, potmedium, drie bolle en veenmos vir versiering. Die perfekte geurige geskenk sal jare net aanhou gee. Bederf jou tuinmaakma hierdie Moedersdag met spesiaal uitgesoekte pakkette.
Mosaïekpotte en -plaveistene
Hierdie unieke mosaïekversierde plaveistene en potte is afsonderlik gemaak vir trapklippaadjies en groepe kunstige potte met ʼn verskil, almal teen ʼn goeie prys.