fbpx

Tuinmark – April 2023

Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!

Voeding wat alles deeglik dek

Soms wil jy die hele tuin bemes en nie op spesifieke plante fokus nie. Protek se General Fertiliser 2:3:2 (14 %) is geskik vir alle algemene bemestingsdoeleindes in die tuin. Dit is ʼn gebalanseerde algemene misstof vir bome, struike, grasperke, blombeddings, blomstruike en groente.

www.proteksa.co.za

Hoogmode-potte

Die Good Roots-reeks potte word plaaslik heeltemal van beton gemaak. Die potte is te kry in ʼn gladde, rustieke afwerking in vyf verskillende style en in ʼn verskeidenheid gewilde kleure. Die nuutste toevoeging tot die reeks is die Rachel-potplantbaken-piering wat hier in die kleur sienna getoon word.

www.goodroots.co.za

ʼn Lekkerte vir jou plante

Behandel jou plante met die Nourishplantvoedselreeks van Talborne Organics. Kos vir plante – gemaak van plante. Nourish is 100% organies gesertifiseer, word verkry uit aartappel- en suikerbeetekstrakte, en is propvol voedingstowwe, koolstof en natuurlike aminosure wat groei bevorder, plante versterk en stres verlig. Hulle help plante gedy en gee die beste resultate vir enige binnenshuise en buitenshuise plante, sierplante, saailinge en steggies, blombome en -struike, groente, kruie,vetplante en houertuine.

www.talborne.co.za

Gardener’s Hand Cream

Hierdie unieke handeroom is spesiaal ontwikkel vir tuiniers, tuinboukundiges en diegene wat met hul hande of baie buite werk. Dit het ʼn dubbele doel, naamlik as effektiewe beskermroom as dit vĂ³Ă³r werk gebruik en met baie strelende en helende eienskappe as dit nĂ¡ werk aangewend word. Dit word gemaak van natuurlike bestanddele soos soetamandelolie, byewas, magiese smeerwortel, lanolien en eteriese roosmarynolie. Masseer dit goed in die hande in vĂ³Ă³r werk en weer daarna om jou hande sag en soepel te hou en skakel so die nodigheid van handskoene dra uit. Verkrygbaar by jou plaaslike tuinsentrum of apteek.

www.hubers.co.za

Laaiwenke wat die koste laag hou

Batterygewerkte tuingereedskap soos kettingsae, blasers, heiningknippers en bossiekappers raak deesdae al hoe meer die norm. Die voordeel van diĂ© gereedskap is dat dit oral gebruik kan word sonder om ʼn kragbron te moet kry. Husqvarna se nasionale verkoopsbestuurder, Johan Kruger, het diĂ© wenke om seker te maak jou batterye hou lank:

• Moenie jou batterye baie lank laai nie. Haal die batterye uit die laaier uit kort na hulle heeltemal vol is omdat hulle gelaai sal bly.

• Gebruik ʼn batterysak of -kassie om jou batterye veilig te hou wanneer hulle gebĂªre of vervoer word.

• Moenie die batterye in die gereedskap laat bly as jy hulle tydens die wintermaande wegsit of nie beplan om hulle betreklik gou weer te gebruik nie.

• BĂªre jou batterye halfvol gelaai vir die maksimum dienslewe. As die vlak laer is, laai dit net halfvol voor jy dit bĂªre (kyk wat die batterystatus van Husqvarna-batterye is deur die knoppie aan die agterkant van die battery te druk).

• BĂªre batterye by ʼn temperatuur van 5 °C tot 25 °C, en met die grootste deel van Suid-Afrika wat tans ʼn hittegolf beleef, is dit belangriker as ooit om te verseker dat jy jou batterye op ʼn koel plek bĂªre.

Besoek www.husqvarna.co.za vir meer inligting.

Snoei met ʼn Nitro

Die nuwe tegnies gevorderde Worx Cordless Nitro Pruning Shear and Lopper met ʼn duursame 20 V borsellose motor is by Brandroid te kry en het ʼn driejaarwaarborg. Sy lemme maak so wyd oop dat dit ʼn groot verskeidenheid takke van tot 25 mm kan snoei daarom is dit perfek om moeiteloos in jou tuin in te span vir bome, rose, struike en meer, en dit snoei tot 2 800 stukke met een lading. Met sy skraal en ligte ontwerp is dit maklik om met een hand te werk.

www.worxsa.co.za

Groen grasperke in die winter

Winter Green Lawn Seed is ʼn wonderlike mengsel wat die voordele van vinnige ontkieming saam met die jongste generasie raaigras bied wat erge verwering deur die seisoen weerstaan. Dis uitstekend om beskadigde plekke toe te maak en oor ʼn ander grassoort te saai vir tydelike winterbedekking. Ook is dit uiters bestand teen voeteverkeer en koue, maar verlang baie water. Die blaartekstuur is fyn.

www.starkeayres.com

Kikker jou blomme en kruie op!

Plant en voed jou kleursaailinge, kruie, blomhangmandjies en houers met Talborne Seedling Food 6:2:5(13) wat propvol is van die natuur se beste voedingstowwe om blom ʼn hupstoot te gee en plantselle te versterk. Knip af of knyp gereeld ou blomme uit en dien elke drie maande 200 g Seedling Food per m2 toe om te verseker die pragstukke blom heel seisoen lank.

www.talborne.co.za

Laat saad by jou deur aflewer

Kom aan die tuinmaak met GroPak. Tuiniers vanoor die hele Suid-Afrika kan blom-, groente- en kruiesaad van ʼn hoĂ«gehalte by GroPak aanlyn aankoop. Bestel ʼn verskeidenheid saad van tradisionele en modeplante aanlyn en laat dit by jou deur aflewer. Vind meer uit deur gropak.co.za te besoek.

Click here to view all of our Garden Galleria features

Advertisements
-->
The Gardener