
Tuinmark – Augustus 2023
Maak reg vir die lente. Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!

Kos vir alles
Talborne Organics het ʼn reeks voedsels vir alle soorte plante. Gee jou grasperke en loofplante ʼn hupstoot met Vita-Green 5:1:5 (16) vir welige groen groei en om plantselle met hoë kaliumvlakke te versterk. Gebruik Vita-Veg 6:3:4 (16) om jou groen blaargroente, kruie, tropiese plante en bessies kos te gee. Voed plante onder druk met Talborne Organics Nourish Liquid Organic Plant Food om hulle welig te laat groei.

‘n Perfek ontwerpte tuinwaentjie
First Dutch Brands se Gorilla-tuinwaentjie is een van die mees innoverende waentjies op die mark. Hierdie veeldoelige, maklik maneuvreerbare waentjie met sy lugbande en zerodraai-stuur takel enige terrein. Hy kan ewe goed met die hand of deur ‘n trekker of viertrekvoertuig gesleep word en het ‘n sleepvermoë van 270 kg, wat meer as genoeg is vir die meeste tuine. ‘n Ekstra-breë poeierbedekte basis werk mee vir goeie balansering, en die duursame, roesbestande bak is maklik om skoon te maak. Die volle inhoud word moeiteloos met ‘n snellosstelsel gestort. Hierdie waentjie is ontwerp om jou lewe makliker te maak en selfs die moeilikste take in ‘n japtrap gedoen te kry. Beskikbaar by geselekteerde kleinhandelaars.

Waterslim natleistelsel
GARDENA se pypstelsel versprei water van die hooftoevoer af na elke hoekie in jou tuin, soortgelyk aan `n elektriese verdeelkas. Die stelsel word in selfdoenstelletjies aangebied wat jy maklik self kan installeer en behels `n ondergrondse pypnetwerk van koppelstukke, pyp, sokke en lassers. Alle komponente is van hoë gehalte asook ryp- en UV-bestand.
Besoek www.gardena.co.za vir meer inligting.