fbpx

Tuinmark – Januarie

Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!

Natuurlik gesond

Voed jou tuin met Talborne Organics Nourish 5:1:4(10) Multi-Plant. Dit is ʼn heeltemal plantgebaseerde, gebalanseerde vloeibare aminosuurstikstof-en-kaliummisstof ryk aan suikers wat energie verskaf om nuwe plantgroei te bevorder. Dien Nourish Multi-Plant 5:1:4 (10) as blaarvoeding of gronddeurweekmiddel toe om jou binne- en buiteplante te laat floreer, om saailinge en steggies te voed en as ʼn onderhoudsvoeding vir gemengde sier- en eetbare tuine in alle groeifases.

www.talborne.co.za

Retronewelspuit

Die klein en effektiewe Good Rootsnewelspuit is die perfekte oplossing vir delikate binneplante. Dis van glas gemaak met ʼn gerieflike vingerpompsneller. ʼn Keuse van lugplante is ook verkrygbaar.

www.tanyavisser.com

Glasorgideepot

Kyk na dié stylvolle selfbenattende orgideepot met matglas wat deur Eva Solo ontwerp is. Die deursigtigheid van glas stel orgideë in staat om sonlig deur hul wortels en nie net deur hul blare nie op te neem.

www.yuppiechef.com

MOONLIGHT 2023 Calendar

Die Moonlight-kalender is ʼn plakkaatgrootte jaarkalender wat saamgestel is deur Ilona Thorndike wat The Lunar Gardening Guide en Maankalender tot die tydskrifte The Gardener/Die Tuinier bydra. Die Moonlight Calendar is die kyk- en tydgids vir Suid-Afrikaanse maanfases, die maandiereriem, tuinmaak volgens die maan en die vernaamste bron om volgens die fase, teken en vrugbaarheidsmodus vir elke dag van die jaar in harmonie met die maansiklusse te wees. Die Moonlight 2023 Calendar is die perfekte geskenk vir diegene wat die maan volg – tuiniers, boere, vissers, beplanners, fotograwe en naturaliste.

Spesiale aanbieding: X1 – R130; x2 – R235 of x3 – R345 – plus afleweringskoste. E-pos vir meer inligting oor afleweringskeuses en bestellings ilona@moontime.co.za met TG2023 in die onderwerpreël.

Groentepotte

Hierdie plaaslik vervaardigde groentepotte laat jou toe om vars, organies gekweekte kruie en groente digby jou deur te kweek, almal met die kleinste koolstofvoetspoor! Potte word uit ʼn geotekstiel vervaardig en het ʼn sagte vilttekstuur. Hulle is ontwerp om lig, maar duursaam, stewig en taai te wees.

www.tanyavisser.com

Nuut van Protek

Protek luister na hul klante se terugvoer en behoeftes en het daarom nuwe verpakkingsgroottes vir ʼn paar bestaande produkte bygevoeg.

  • Protek Guanoflo is ʼn staatmaker in die Protek-reeks. Klante wou ʼn groter verpakkingsgrootte vir hul groter tuine gehad het daarom sluit die reeks nou ʼn 5 ℓ-bottel in. Guanoflo is ʼn gesertifiseerde vloeibare organiese misstof wat van seevoëlmis (ghwano) gemaak word. Dit is uiters maklik om toe te dien met die stylvolle MixNozle wat aan jou tuinslang koppel. Guanoflo is in ʼn 200 mℓ-, 2 ℓ- en nou ook in ʼn 5 ℓ-houer verkrygbaar.
  • Protek Mycoguard is ʼn kontakswamdoder wat nou in die oorspronklike 100 mℓ-bottel en in ʼn nuwe 500 mℓ-bottel te kry is. Mycoguard beheer ʼn groot verskeidenheid swamme voorkomend op jou plante soos antraknose, swartvlek, bruinkol, donsskimmel, vroeë skroei, laatroes, vaalvrot, blaarvlek en roes.
  • Protek Fly Bait het in die bestaande 200 g-skudder sy waarde bewys, maar klante het ook vir ʼn kleiner houer gevra om by hul kleiner leefruimtes te pas. Fly Bait is nou ook verkrygbaar in die piepklein 100 g-skudder. Dit is gebruiksgereed en kan as ʼn droë lokaas, strooilokaas of oppervlaksproei toegedien of opgeverf word.

  • Protek Spray-Kill 1 for Ants is ʼn nuwe produk in die Protek-reeks. Dit is verkrygbaar in ʼn 500 mℓ en ʼn 5 ℓ-bottel en bied groot waarde vir geld. Om van miere binne sowel as buite ontslae te raak, meng bloot 4 ml per 1 ℓ water en spuit die gebied.
  • Protek CarbaKil is ʼn moet-hê in elke huishouding as jy troeteldiere het. Dis ʼn gerieflike gebruiksgerede produk wat verskeie plae beheer, waaronder luise op voëls, bosluise en vlooie op honde en katte, en veel meer. Wat maak jy egter as jy talle beste vriende of ʼn swerm geveerdes het? CarbaKil is nou in die 200 g-skudder asook ʼn nuwe 500 g-skudder te kry.
  • Protek Avi Gard Mercaptothion beskerm groente en vrugtebome teen plae soos plant-, wit- en dopluise, blaaspootjies, ruspes en veel meer wat aan jou kosbare gewasse smul. Met sy vinnige uitklopwerking kan jy (en jou buurt) binne ʼn paar dae die vrugte (en groente) van jou arbeid geniet. Avi Gard is in 100 mℓ-, 200 mℓ- en 500 mℓ-bottels verkrygbaar.

https://proteksa.co.za

Hangende plantbak

Vertoon binneplante in enige venster met die nuwe Triflora van Umbra. Dit word teen die muur of plafon gemonteer met duursame melamienpotte wat standaardgrootte potte kan hou.

www.yuppiechef.com

Skryf Nou In Vir Enige Van Ons Voltydse Kursusse

Landskapontwerp – 3 April 2023

Die kursus van 12 maande dek die volledige spektrum van meer as 25 kursusse en 4 weke praktiese ervaring.

Tuinboukunde – 31 Maart 2023

Die kursus van 8 maande bied aan leerders ‘n ferm grondslag van oordraagbare vaardighede waarmee hulle die tuinboubedryf kan betree.

Deeltydse Volledige Landskapontwerp – 15 April 2023/2026

Geskik vir enigiemand wat voltyds werk. Vind weekliks op Saterdae plaas.

Kontak ons asseblief vir meer inligting by marketing@lifestyle.co.za

www.lifestylecollege.co.za

Click here to view all of our Garden Galleria features

-->
The Gardener