
Tuinmark – Julie 2023
Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!

Slim komposmaak
Met die MicroGarden Kitchen Composter raak huishoudelike afval binne net vyf uur reuklose voorkompos. Komposmaak was nog nooit makliker nie. Maak die komposmaker vol met al die kombuisafval, waaronder kookkos, afvalvleis en sagte bene, druk die knop en die sensors binne simuleer en versnel die komposmaakproses. Jy kan afval met tot 80% verminder en kompos van 3 L voedselafval per emmer maak.
Facebook | Instagram | www.microgarden.co.za

Ekovriendelike noodsaaklike gereedskap
Die GARDENA EcoLine-reeks bied ʼn ekovriendelike keuse vir geesdriftige tuiniers wat volhoubaarheid, ontoegeeflike kwaliteit en duursame ontwerp waardeer. Elke produk is vaardig gemaak uit herwonne materiaal met plastiekkomponente wat tot 90%-herwonne plastiek bevat. Die reeks bestaan uit noodsaaklike tuinmaakgereedskap met tot ʼn 25-jaarwaarborg op die produkte.
Besoek www.gardena.com/za vir meer inligting oor die reeks.

Word warm met ʼn patiovuur
Geniet gesellige aande op die patio met familie en vriende rondom doen aanlyn inkopies by at www.lifestyle.co.za die verwelkomende hitte van een van ons patiovuurmaakplekke. Dié hoëkwaliteit bomas is verkrygbaar by Lifestyle Home Garden in ʼn reeks style, is heeltemal draagbaar en het panne om die as te versamel en jou patio-oppervlakke teen kooltjies te beskerm.
Kry hulle op die hoek van Beyers Naudérylaan en Ysterhoutlaan, Randparkrif, Randburg, of doen aanlyn inkopies by www.lifestyle.co.za

Natuurlike plantvoedsel
Guanoflo is ʼn natuurlike misstof wat deur die natuur verskaf en deur Protek vir jou geoes word! Dit word van suiwer seevoëlghwano gemaak en is as organies gesertifiseer. Dien dit direk op die grond toe, hoewel dit ook fantasties is as dit as blaarvoeding gebruik word, wat al die voedingstowwe verskaf wat jou plante nodig het om te groei en sterk te bly.

Hou dit skerp
Saam met sy uitgebreide reeks koordlose gereedskap het STIHL ʼn uiteenlopende reeks handgereedskap soos snoeiskêre, tuinskêre en snoeisae wat ligte werk van tuinmaak maak. Vir jou gereedskap om die beste te werk, kry die nuwe STIHL 3-in-1-skerpmaker met drie uiters sterk wolframkarbiedlemme om snoeiskêre, tuinskêre, huisskêre en messe perfek skerp te hou vir ʼn presiese snyaksie.
Vind ʼn handelaar by www.stihl.co.za

Tuinkos
Dis winter en tyd om binnenshuise en buitenshuise houerplante te verpot sowel as jou tuinbeddings te bedek met ʼn knus komposkombers. Lifestyle Home Garden is jou bestemmingswinkel vir 3Sixty Premium Organic Compost, Potting Mix en spesifiek gemengde 420 Enhanced Potting Mix.
Kry hulle op die hoek van Beyers Naudérylaan en Ysterhoutlaan, Randparkrif, Randburg, of doen aanlyn inkopies by www.lifestyle.co.za

Kookgerief
Die voorbereiding van gesonde, gebalanseerde maaltye vir jou gesin was nog nooit makliker as met die nuwe Eiger Aria XL 8L Air fryer. Die Aria XL 8L-lugbraaier bied ongeëwenaarde veelsydigheid en gerief met agt kookfunksies en raakskermkontroles. Die Eiger-reeks is uitsluitlik te kry by Builders, Game en Makro.

Grondverbeteraar en veel meer
Slowburn Wood Vinegar (houtasyn) is ʼn vloeistof wat geproduseer word tydens die distillasie van biomassa van indringerspesies van die geslag Prosopis in die Noord-Kaap. Dit bestaan uit meer as 200 chemiese komponente waarvan asynsuur, asetoon en metanol 10% van die bestanddele uitmaak. Van die voordele van die gebruik van dié produk in die tuin sluit in die stimulering van plantgroei, die verbetering van grondgesondheid en die beheer van swamsiektes en ander plantplae.
E-pos vir meer inligting oor hierdie produk: slowburn.nc@gmail.com

Maklike kosstokkies
Nutristix is ʼn plantkosstokkie met uiters voedsame elemente om plante te voed. Druk die Nutristixplantkosstokkies heeltemal in die grond in tussen die plant en die potrand. Die stokkies los op en voorsien die nodige voedingstowwe aan die plante.

Supergelaaide plaagformule
ROSSI 200 SUPER van Makhro Home and Garden is ʼn kragtige insekdoder wat beslis selfs die taaiste insekplae, waaronder miere, kakkerlakke en termiete, sal uitwis. Die produk werk deur die insekte se senustelsel aan te val, en sy supergelaaide formule is ontwerp om vinnige en effektiewe resultate te lewer.

Slim benatting
Good Roots het ʼn vernuftige oplossing vir vergeterige of oorywerige plantouers: ʼn oulike houer wat stadig water vrystel namate die plant dit nodig het. Maak bloot die ekovriendelike Terracotta Selfwatering Spike vol water en druk dit in die grond in. Dis te kry in twee groottes – ʼn 12 cm-pen wat ongeveer drie dae hou, en ʼn 31 cm-pen wat ongeveer ses dae hou. Hulle is ook te kry in verskeie kleure wat by enige dekor pas en jy kan dit aanlyn bestel.

Kies organies, kies Bio Ganic
Bio Ganic All Purpose van Atlantic Fertilisers wat vir alle tuinplante geskik is, is net die regte misstof om nou en heeljaar in jou tuin te gebruik. Dié produk is verkorrel vir stadige, volhoubare vrystelling van voedingstowwe en maklike toediening, en omdat dit organies en waterslim is, sal dit nie jou plante brand nie. Daar is geen nare goed by nie – die korrels is patogeenvry met geen kieme, muf of bakterieë nie. Dis ook mens- en troeteldiervriendelik.

Klop kospryse wat die hoogte inskiet en kweek jou eie groente
Die boere wat ons kos kweek en ons aan die lewe hou, word deur massiewe kostestygings in die gesig gestaar, veral vir arbeid en duur diesel vir kragopwekkers vir besproeiing weens beurtkrag. Gevolglik het hulle almal minder as gewoonlik geplant om hul dalende kontantmiddele te beskerm, wat tekorte op die mark veroorsaak en lei tot kospryse wat die hoogte inskiet. Sluit aan by die tendens en kweek jou eie tuis. Begin deur saad te saai.