fbpx

Tuinmark Maart 2023

Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!

Homemaker’s Fair is terug!

Die uitstalling wat van 24 tot 26 Maart 2023 by die opgeknapte Kyalami Grand Prix-renbaan en Internasionale Konvensiesentrum in Midrand plaasvind, is gereed om die manier te verander waarop jy in jou ruimte leef. Verskillende sones met die hernude fokus op wat ʼn tuiste uitmaak, sluit in ʼn allesomvattende uitstalling van tophandelsmerke en plaaslike handvaardigheid alles onder een dak. Word getrakteer op die nuutste in huisverbetering en dienste, dekor, kombuise en toestelle, selfdoen en slim leefwyse, buite en landskappering, stokperdjies, gesondheid en fiksheid, plaaslik vervaardigde keramiek, kunsmode en skoonheid, reis en avontuur, asook pret en kos. Besoek die webwerf vir besonderhede. Besoek www.homemakersonline.co.za/jhbfair

The Essential Garden Notebook

Hierdie tuinmaakaantekeningboek is ʼn noodsaaklike toevoeging tot jou tuingereedskap – ʼn mininaslaanwerk wat Phyl Palframan se tuinmaakgedagtes slim vervleg met praktiese wenke oor hoe om die verlangde resultate te bereik. Dit bied ook ruimte vir jou persoonlike opmerkings en raak so ʼn optekening van jou tuinmaakstrewes. Die inspirerende foto’s herinner ʼn mens aan al die vreugdes wat tuinmaak kan verskaf.

Bestel by Otterley Press vir ʼn bedrag van R285 plus R100 Postnet of koeriergeld. E-pos info@otterley.com of bel 082 924 5892.

Grootbos Florilegium

Ter viering van 25 jaar van bewaring in die Kaapse Blommeryk, is die Grootbos Florilegium nie net die eerste eietydse bloemlesing in Afrika nie, maar is ook die eerste ter wĂªreld wat bestuiwers naas plante vertoon. Met minstens 120 oorspronklike kunswerke deur 44 plaaslike en internasionale botaniese kunstenaars en woorde deur Sean Privett, direkteur van bewaring by Grootbos, vang die bundel die plant- en inseklewe vas van die besonder uiteenlopende en charismatiese Grootbos Privaat Natuurreservaat, ʼn smal kusstreek aan die suidpunt van Afrika wat die tuiste van minstens 900 fynbosspesies is.

Die opbrengs uit die verkope van hierdie boek word geskenk aan die Grootbos-stigting waarvan die doel die bewaring van die Kaapse Blommeryk en die opheffing van plaaslike gemeenskappe is. Besoek www.grootbosfoundation.org vir meer inligting.

Boeke is verkrygbaar by uitgesoekte boekwinkels en aanlyn by www.quivertreepublications.com

Turboblaaropruiming

Terwyl dit nou herfs raak, is vinnige en doeltreffende opruiming voorop in ons gedagtes. Die Worx 20V Power Share Turbine Cordless Leaf Blower het ʼn tweespoedbeheerstelling wat vinnige ligte skoonmaak asook kragtige swaardiensskoonmaak in een masjien moontlik maak. Dit werk met ʼn litiumioonbattery wat lig en tog sterk genoeg is vir alle toestande.

Die Worx-reeks kraggereedskap en -buitekragtoerusting word tans deur Brandroid (Edms.) Bpk. in Suid- Afrika versprei.

www.brandroid.co.za

Kloof Conservancy Indigenous Open Gardens

Maak gereed vir ʼn opwindende program vir vanjaar se Kloofbewarea Inheemse Oop Tuine. Sewe tuine is vanjaar oop, waaronder Tanya en Izolda se tuin in Assagay, drie nuwe tuine by Stonefordlandgoed, Botha’s Hill, waaronder ʼn uitgestrekte vleilandgebied, en twee nuwe tuine in Hillcrest en Kloof. Al die besonderhede is op die webwerf: www.kloofconservancy.org.za

Datums: Saterdag 25 en Sondag 26 Maart 2023

Tye: 09:00-16:00 daagliks

Koste: R30 per persoon vir elke tuin, R75 vir Stonefordlandgoed (4 tuine)

E-pos: info@kloofconservancy.org.za

Facebook: https://www.facebook.com/KloofConservancy

Webwerf: https://www.kloofconservancy.org.za/indigenousopen-gardens/

Voeding vir gehalte en geur

Kalium (K) verbeter die gehalte en geur van blomme en vrugte. Voldoende kalium verhoog ook die hoeveelheid en gehalte van die saad wat deur plante gevorm word, moedig gesonde plantgroei aan en maak plante bestand teen temperatuuruiterstes en droogte. ʼn Kaliumtekort in die grond veroorsaak randskroei op plantblare asook groente en vrugte sonder geur. Kalium word stadig in gewone grond vrygestel en het ʼn hupstoot nodig gedurende plante se groeiseisoen. Protek se Rose & Flower Fertiliser 8:1:5 (17 %) wat ryk aan kalium is, is spesiaal geformuleer vir rose, saailinge, blomplante asook vrugte.

www.proteksa.co.za

Skryf nou in vir ’n Voltydse Landskapontwerpkursus

Lifestyle College bied die Landskapontwerpkurses al langer as 31 jaar aan. Dié voltydse 12-maandeprogram bied diepgaande kennis van die landskapbedryf aan en dek die hele spektrum van 29 vakke met wisselende getal dae vir elke kursus en tot 8 weke praktiese ervaring. Hierdie program begin op Maandag 3 April 2023 en duur tot April van die volgende jaar.

Na voltooiing stel dit die student in staat om hul eie landskaponderneming te begin, ontwerpe te maak en uit te voer; vir tuinuitlegonderneming te werk; en met konsultasieontwerponderneming te begin.

Kontak vir verdere inligting oor inskrywing asseblief marketing@lifestylecollege.co.za of besoek www.lifestylecollege.co.za

Advertisements
-->
The Gardener