fbpx

Tuinmark – Mei 2023

Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!

Wateropgaar raak SuperSlim

Hoewel talle van ons graag tot 20 000 liter reënwater sal wil vergaar, is dit dikwels onprakties omdat daar groot genoeg opgaarplek vir soveel water moet wees. JoJo Tanks het die Slimline-reeks tenks bedink en nou die SuperSlim 1000 ℓ-tenk wat die skraalste van die reeks is. Dit pas in smal paadjies in en is ontwerp vir maklike installering. Dis met ʼn tienjaarwaarborg en in ʼn verskeidenheid kleure te kry.

www.jojo.co.za 

Rugpakblaser

Die nuwe Worx 80V Nitro Backpack Leaf Blower is die eerste in sy soort in die bedryf met ʼn enorme 80 V-kragpak wat prestasie en krag bied. Hierdie blaser is ideaal vir groter agterplase en klein tot middelgroot kommersiële toepassings. Dit word gekenmerk deur veranderlike spoedbeheer plus ʼn turbomodus vir beter beheer in nou plekkies of groot gebiede. Dit het ʼn innoverende ligte, kompakte ontwerp wat maklik is om te beweeg en dis stil.

www.worxsa.co.za 

2-in-1-boor-enaandrywer

Die Worx WX177 SwitchDriver is twee bore in een. Dit verrig die taak van gate boor en skroewe indraai deur eenvoudig dubbelkloukoppe te draai wat jou werk twee maal so vinnig gedoen kry. Die eenheid is gerieflik, kompak en lig, weeg net meer as 1,35 kg en het ʼn ingeboude LED-lig om sigbaarheid te verhoog. Die 20 V-litiumioon-aangedrewe borsellose motor lewer maksimum krag. Die opgegradeerde digitale sleutelbord maak vinnige veranderings moontlik wat jou in staat stel om maklik die korrekte wringstelling te kies.

www.worxsa.co.za 

Click here to view all of our Garden Galleria features

-->
The Gardener