fbpx

Tuinmark – Nuttige Katoeters

Stylvolle houtskure 

Hierdie houtskure van Upyard is nie net pragtig nie, maar ook uiters funksioneel. Hulle word in Europa vervaardig van gehalte- Noorse sparhout wat volhoubaar verbou word en beskik oor ingeboude ventilasie en dubbeldeure vir praktiese, ruim berging. Hulle word maklik aanmekaargesit en is in twee verskillende groottes by Builders Warehousewinkels, en Makro en Leroy Merlin (aanlyn) beskikbaar.

Praktiese metaalskure  

Die Archer-metaalskure is uiters prakties en bied eenvoudige berging waar dit ook al nodig is. Dis beskikbaar in twee groottes, met skuifdeure en ‘n vaste venster en ‘n fondasie is ingesluit (vloer uitgesluit). Hulle is beskikbaar in ‘n moderne grys kleur, is maklik om aanmekaar te sit, en het ‘n unieke geperforeerde paneelontwerp. Hulle is beskikbaar by Builders Warehousewinkels, en Makro en Leroy Merlin (aanlyn).

Maak tuin met gemak 

Vier Tuindag in styl met ons duursame en uiters gemaklike REBEL Cruiza Gardn-Pro-klompe. Of jy nou nuwe blomme plant of na jou groente- of kruietuin omsien, ons klompe is ontwerp om jou die hele dag aan die gang te hou. Hul glyvaste sole, postuur-verbeterende ontwerp, en materiaal wat maklik skoongemaak kan word, maak hulle die perfekte metgesel vir enige tuinentoesias. Hulle is liggewig en maklik om aan te glip vir ‘n dag in die tuin. Of jy nou ‘n ywerige tuinier is of daarvan hou om tyd buite deur te bring, maak dit beter met klompe wat gemak en duursaamheid bied. Mango Moon versprei klompe, wat landwyd by tuinsentrums beskikbaar is. https://www.rebelsafetygear.com/product-category/occupational-footwear/

Die maklike manier om ’n blommeveld te kweek 

Kweek jou eie blommeveld met MayFord se Pollinator Flower Mix. Hierdie unieke blomsaadmengsel is die perfekte keuse vir ‘n waterwyse, bestuiwer-vriendelike tuin met minimale moeite. Meng die sade met water, en sodra ‘n jel gevorm het, spat klonte van die jel oor die voorbereide grondarea. Hark liggies, druk plat, hou klam en kyk hoe jou tuin in ‘n toevlugsoord vir bye en skoenlappers ontluik. www.mayford.co.za 

Die wonder van Suid-Afrikaanse bome 

In this new book, Willem Frost explores the rich diversity and beauty of indigenous trees, uncovering this fascinating world. The book is presented in two parts: the first explores the physiology and behaviour of trees, and the second explores the grandeur of a select number of species, richly supported by photographs. 160 species are included, and iconic trees like the baobab, sausage tree, mopane tree, and lesser known but interesting trees such as baboon’s breakfast are featured. Willem Frost is a writer and amateur dendrologist with a strong commitment to conservation through sustainable use. He has spent decades in the African bush exploring, studying, and photographing fauna and flora. Check online for stockists. www.struiknature.co.za / www.Penguinrandomhouse.co.za 

Bennings Green Squash

Hierdie nuwe variëteit van Kirchhoffs het ‘n bosagtige groeiwyse wat uitstekende opbrengste van piering-vormige vrugte met geskulpte rande lewer. Die skorsie is liggroen en word ryp tot ‘n romerige wit. Dis ‘n erfenisgroente wat maklik is om te kweek. Die patty pan-skorsie is veelsydig om in verskeie resepte te gebruik van soteer en rooster tot opvul en bak. www.kirchhoffs.co.za 

Oulike klein saagstel  

Die gehalte-lemvervaardiger MPS het sy gerieflike splinternuwe vierstuk-4400- handsaagstel in Suid-Afrika bekendgestel. Dit beskik oor ‘n netjiese, veelsydige, universele handvatsel van sterk gehalte-plastiek. Die MPS 4400 kan reguit of met sy lem of boorpunt op enige gerieflike hoek gebruik word. Dit kom met drie lemme om staal, hout of messelwerk te sny, ‘n bonus-75 mmaanpasser, en ‘n boorpuntstel wat gerieflik ook as ‘n nuttige skroewedraaier gebruik kan word. Dit is gemaak van die hoogste gehalte koolstofstaal volgens die hoogste moontlike Duitse ingenieurstandaarde. www.vermontsales.co.za 

Allesomvattende plantvoedsel  

Ludwig’s Vigorosa 5:1:5 (25) is ‘n gebalanseerde organies verrykte kunsmis wat al die noodsaaklike voedingstowwe bevat om nie net rose nie, maar ook groente, blomme, struike, grasperke, grondbedekkers en potplante te voed. Omdat dit ‘n kunsmis is wat stadig vrygestel word, kon jy ver met net ’n bietjie – dit hoef slegs elke ses weke weer toegedien te word. Dit is onskadelik vir voëls, natuurlewe, troeteldiere en mense teen die aanbevole toedieningshoeveelhede en is by jou plaaslike tuinsentrum in 750 g, 4,5 kg en 15 kg-emmers beskikbaar. www.kirchhoffs.co.za 

Plant taai meerjariges 

Dit is tyd vir die keëlblomme om te skitter. Ons is mal daaroor om te sien hoe hierdie helder plante vir bestuiwers ons meerjarige afdeling met kleur vul. Hulle is hitteen droogtebestand en blom van laatsomer tot die einde van herfs. Hulle groei tot ongeveer 40 cm hoog in warm sonnige tot middagson-posisies, en hulle kom jaar na jaar terug. www.eckards.co.za 

#HetJyGeweet: Die botaniese naam Echinacea is afgelei van die Griekse woord vir krimpvarkie weens die stekelrige koepelvormige middelpunt van die ouer blomme. 

-->
The Gardener