
Tuinmark – Nuwe produkte en geskenke



Impatiens kraai koning in die skadutuin
Die gewildste somerkleur vir die tuin, Impatiens ‘Sunpatiens’, het ‘n nuwe suster in die Eckardsstal, en sy is hierdie seisoen se eenjarige plant wat jy net moet hê! Met hul geil tropiese gevoel, hou hulle goed tot in die herfs en is die maklikste manier om jou tuin kleur te gee. Ons stel aan jou voor Impatiens ‘Solarscape’, die nuwe variëteit wat van volskadu hou, maar wat ook in oggenson sal groei met sy pragtige groot, effens gekartelde blomme. Pak hulle albei in jou Eckardsinkopiemandjie. www.eckards.co.za
Wen 5 Mangave-plante
CND Nursery gee vyf van die nuutste mangave-plante weg aan een gelukkige leser. Die nuwe mangaves is die jongste modegier en baie gesog in die plantewêreld. Al wat jy nodig het om vir hierdie prys in aanmerking te kom, is om ‘n video te kyk en jou gunsteling te kies. Die vyf mangaves wat jy kan wen, sluit in ‘Praying Hands’, ‘Purple People Eater’, ‘Pineapple Express’, ‘Black Magic’ en ‘Lavender Lady’. Sluit vandag nog by die Mangave Madness-groep aan!
Om in te skryf:
Kyk die video (skandeer die QR-kode) en stuur ‘n WhatsApp of SMS na +27 61 866 7780 met die naam van jou gunsteling-mangave in die video en jou kontakbesonderhede.
Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Kompetisie eindig: 16 Desember 2024 Bepalings en Voorwaardes geld. Besoek CND Kwekery by www.cndnursery.co.za

Kirstenbosch – die mooiste tuin in Afrika
Kirstenbosch is ‘n naam wat wêreldwyd bekend is as die tuiste van unieke ryk flora in ‘n omgewing van ongeëwenaarde skoonheid. Die tuin, wat kort na die Uniewording van SuidAfrika in 1910 gestig is, lok steeds toeriste en plaaslike besoekers na sy betowerende ruimtes en botaniese rykdomme. In Kirstenbosch – The most Beautiful Garden in Africa vertel Brian J Huntley hoe die tuin tot stand gekom het, sy terugslae en triomfe, weldoeners en helde.
Dit skets die tuin se wetenskaplike aansien as die bewaarplek van kennis oor ons gewaardeerde flora en bied sy vele aantreklikhede aan. In hierdie nuwe uitgawe is besonderhede van nuwe ontwikkelings en aantreklikhede bygewerk, wat dit ‘n gehalteaandenking maak vir besoekers en die duisende plaaslike inwoners wat jaarliks daarheen stroom.
Brian J Huntley is ‘n internasionaal gerespekteerde omgewingsbewaarder met meer as 50 jaar navorsingsen bestuurservaring in vele Afrika-ekosisteme, van die subantarktiese streek tot die ewenaar. Besoek die webwerf vir handelaars. www.struiknature.co.za/www.penguinrandomhouse.co.za
Nuwe rissies, matig tot warm
Daar is ‘n rissie vir elke geleentheid en ‘n paar nuwes van Kirchhoffs. Kry hierdie drie saadpakkies tydens jou volgende besoek aan die tuinsentrum:
- ‘Thai Red-Hot Chilli’ – dié rooiwarm rissie neem jou na die hart van ‘n bedrywige Thaise dorpie, waar die aroma van eksotiese speserye die lug vul. Hierdie klein (4 cm) rissies verkleur van groen na rooi en kan vars of gedroog gebruik word om ‘n tikkie Asië by elke maaltyd te voeg.
- ‘Sweet Banana Peppers’ – is ‘n matige, langwerpige rissie met ‘n soet geur. Die vrug is tipies geel maar kan verkleur na rooi of oranje. Hulle word dikwels in toebroodjies, slaaie en ingemaakte produkte gebruik. Hulle is die perfekte opsie vir diegene wat minder hitte verkies.
- ‘Hungarian Hot Wax’ – ‘n variëteit bekend vir sy helder geel kleur wat na oranje en rooi verkleur soos dit ryp word. Hierdie rissie word in die kookkuns gebruik om ‘n bietjie speseryagtige geur by geregte te voeg. Dit is gewild in Hongaarse kookkuns en word algemeen gebruik in ingemaakte produkte, vars slaaie en as garnering. Die hitte is nie so intens soos dié van ander rissies nie. www.kirchhoffs.co.za