fbpx

Tuinmark – Oktober 2023

Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!

White Maize ‘Nevada’

Die nuwe ‘Nevada’-witmielie, ʼn uitstekende saadvariëteit, is net betyds vir die somer. Dis besonder siektebestand met goeie graangehalte en is selfs reg vir kleinskaalse boerdery. Ook is dit perfek geskik vir organiese boerdery, en in antwoord op ʼn dikwels gestelde vraag veral met betrekking tot mielies is ‘Nevada’, net soos die geval met alle MayFord-produkte is, heeltemal nie-GMO.

www.mayford.co.za

Word ʼn tuinontwerper

Lifestyle College bied reeds 32 jaar lank Landskapontwerpkursusse aan deur dosente wat kundiges in hul veld en passievol oor onderrig is. Hier is ʼn paar van die opwindende kursusse wat binnekort aangebied word:

Landskapontwerp – 28 Oktober

Kweek Organiese Vrugte en Groente – 18 November

Landskapontwerptekenkursus – 18 November

Bel 011 792 8244 of 084 668 1568, of e-pos: enquiries@lifestylecollege.co.za vir meer inligting.

Hope idees

Is jy moeg daarvoor dat jou plantpotte kraak, afsplinter of slordig lyk? Hierdie ekovriendelike potte van ADDIS is die antwoord. Dié potte wat volgens ʼn spesiale proses gemaak word, is sterker as klei- en betonpotte. Hulle is ook splinterbestand, wat hulle ideaal vir houerplante maak en jou buiteplek in ʼn kits vir die somer opkikker. Dit is ontwerp om kenmerkende voordele soos superieure duursaamheid, stampbestandheid en UVbeskerming te bied, is robuuster as tradisionele potte, maar lig en maklik om te hanteer. Dis verkrygbaar in ʼn verskeidenheid style, groottes en kleure by Builders, Makro en ander tuinsentrums landswyd.

www.addis.co.za

Click here to view all of our Garden Galleria features

-->
The Gardener