
Tuinmark – September 2023




Maak reg vir die lente. Gaan kyk na die jongste tuinmaaknuus en menings in hierdie maand se Tuinmark!
Vir die perfekte rand
Om daardie perfekte tuinrand te bereik was nog nooit so maklik nie. PermaEdge-tuinrand is ‘n duursame, buigsame en veelsydige oplossing tot die rand van tuinbeddings, grasperkareas, boomringe, paadjies en meer! www.permaedge.co.za
ʼn Smaragtamatie vir die somer
Die nuwe Tomato ‘Emerald’, ʼn F1-baster, is pas deur MayFord Seeds vrygestel om dié lente te saai vir ʼn someroes. Hierdie tamatie aan ʼn plant wat uitstekend dra, het eenvormige vrugte van ʼn goeie gehalte wat vroeg bekwaam raak (60 tot 65 dae na uitplant) en ook perfek vir souse en salsa is. ‘Emerald’ het blokvormige vrugte aan plante met goeie blaarbedekking wat die sonblootgestelde vrugte beskerm en het intermediêre weerstand teen bakteriese verwelksiekte. www.mayford.co.za
Basil Blue Spice
MayFord het ʼn nuwe aromatiese kruiesaad genaamd Basil Blue Spice wat hul reeks afrond. Die beskrywing “aromaties” is aan die woord arōma deur middel van Latyn uit die Grieks ontleen wat smaakmiddel, speseryagtige en/ of welriekende geur beteken. By groente en kruie verleen aromatiese variëteite geur en aroma aan ʼn gereg. Wanneer dit saamgekook word, help skep hierdie bestanddele geurlae in jou kos. Sommige geurverbindings is soet, terwyl ander skerp of vrank is. Basil Blue Spice sorg vir ʼn besonder mooi voorkoms in potte of in die tuin, en die swaar geur met geurige vanieljebotone is heerlik by vrugteslaai sowel as gekruide geregte.
Die voed van blaarplante
ʼn Gesonde groen grasperk komplementeer enige tuin. Protek se Lawn & Foliage Fertiliser 7:1:3 (15 %) kan gebruik word om ʼn welige, gesonde grasperk te bevorder wat onkruid- en plaagprobleme tot ʼn minimum beperk. Dit is ryk aan stikstof (N) wat gesonde groen bogroei bevorder. Verder kan dit ook alle loofplante in jou tuin te voed.