Tuinmark



Saai nou pronkertjies
Laat jou tuin pronk met MayFord Seed se pronkertjies. Hulle is maklik om te kweek, kan opgelei word of in potte gesaai word en sal jou tuin omskep in ‘n kleurvolle paradys met ‘n heerlike soet geur. Kies tussen ‘n rank- of dwergtipe, wat nie net pragtig sal lyk nie, maar ook bestuiwers na jou tuin sal lok. www.mayford.co.za
Die nuwe ‘Gusta Range’
“Proe jou Tuin” deur die varsste kruie en groente op enige plek in jou huis of tuin te kweek! Vergroot jou buiteplek met die vaardig gemaakte, praktiese Gusta Range-plantbakke wat oral uitstekend inpas, ideaal is vir kleiner tuine, balkonne en terrasse, of wat van jou eie binnetuinoplossing? Hierdie weerbestande, gesofistikeerde en uniek ontwerpte plantbakreeks is sierlik, maklik om te gebruik en geskik vir alle gewasse, veral klimplante. Besoek www.kirchhoffs.co.za vir meer inligting oor die Gusta Garden Range.













