fbpx

Vadersdag se geskenkidees

Vier die vaders rondom jou met hierdie tuinmaakgeskenke:

Serinova-kwaliteitpotte

Besoek Hobby Life Africa’s webwerf om die mooi Serinova-reeks topkwaliteitpotte te besigtig. Met ʼn verskeidenheid kleure om by jou omgewing en voorkeur te pas, sal jy net die ding vind om jou balkon op te kikker en te versier, wat rus en vrede aan jou huis binne sowel as buite sal verleen. Beskikbaar by Hobby Life Africa.

www.hobbylifeafrica.com

Gold-Dust vir grond

As jy sand- of kleigrond het, is Gardener’s Gold-Dust net vir jou. Hierdie produk bevat verskeie belangrike elemente wat help om goeie grond te maak asook voedingstowwe by te voeg. ʼn Paar voordele is dit:

  • bevat gips vir verhoogde mikrobiese aktiwiteit in die grond;
  • bevat seegras vir noodsaaklike spoorelemente;
  • is organies gesertifiseer;
  • help met waterretensie in sandgrond en verbeter skraal grond;
  • bevat ʼn doeltreffende bron van kalsium om sterk stingels, knoppe en wortels te ontwikkel;
  • stel swael vry, wat noodsaaklik is vir die produksie van chlorofil om blinkgroen blare en ʼn goeie groeitempo te bevorder;
  • maak die pH van grond gelyk;
  • help om die grond te belug, wat die moontlikheid van siektes verminder; en
  • bevorder die vorming van voordelige nitrate in die grond.

Dien Gold-Dust toe op nuwe tuinbeddings, versprei dit oor bestaande tuinbeddings en grasperke en maak goed nat sodat dit kan insak. Vir meer inligting oor hoe om jou Gold-Dust te kry, kontak Elfie by 022 783 1520 of khoisan1@mweb.co.za.

Voed huisplante en blaargroente

Die Nourish-plantvoedselreeks van Talborne Organics is plantvoedsel wat van plante gemaak word en daarom heeltemal organies is. Die produkte wat van aartappel- en suikerbeetekstrak gemaak word, bevat natuurlike aminosure om groei te bevorder en plante te versterk vir die beste resultate. Nourish Leafy Greens het hoë stikstofvlakke om die vorming van plantweefsel en chlorofil te bevorder wat die plante meer energie gee en die ontwikkeling van groenblaarplante, huisplante, grasperke en grondbedekkers aanspoor. Meng dit bloot met water, dien dit op die plantblare of grond toe en kyk hoe die betowering ontvou.

www.talborne.co.za

Minituinslanghangerstel

Die Garden Gro Mini Hose Hanger Kit is perfek vir klein plekke soos binnehowe, patio’s en balkonne. Dis te kry met ʼn 10 m-tuinslang en sluit ʼn kraankoppeling in om vinnig en maklik te begin natmaak. Dit spog ook met ʼn handspuitpistool met sewe patrone, en word in ʼn kompakte hanger weggepak vir maklike opberging. Wees op die uitkyk hierna by jou plaaslike kwekery of tuinsentrum.

www.mangomooncc.co.za

Two-Step SC-plantdoder

Protek se Two-Step SC is ʼn langnawerkende sistemiese suspensiekonsentraatplantdoder vir voor- en naopkomsbeheer van ʼn vol spektrum van een- en meerjarige breëblaaronkruide en grasse in stedelike gebiede en op ander nywerheidsterreine. Two-Step het ʼn lang nawerking en kan onkruid tot ses maande beheer, wat dit ideaal maak vir plekke soos heinings en straatrande. Optimale resultate word verkry wanneer Two-Step SC toegedien word op teikenonkruide wat aktief groei en vry is van omgewingstresfaktore soos droogte en ongewone temperatuurskommelings. Two-Step SC is te kry in 500 ml-, 1 liter- en 5 liter-houers.

www.proteksa.co.za

Gee vir Pa ʼn geskenk wat hy kan gebruik

Die STIHL GTA 26 koordlose kettingsaag is veelsydig, kompak en manoevreerbaar, wat dit ideaal maak vir snoei, die opsny van takke vir brandhout, selfdoenprojekte met hout as basis en huisverbeterings. Aangesien dit met ʼn battery werk, is dit so stil dat oorbeskerming onnodig is. Dis ʼn geskenk waarvan hy sal hou en wat hy heeljaar sal gebruik.

www.stihl.co.za

Rotary Mower and Tool Sharpener

Nuut vinniger slypende korundwiel. Herslyp alle soorte metaalswaailemme, en maak grawe, skoffels, ens. weer skerp. Hoekige hoëkwaliteitkorundwiel gee binne minute skerp nuwe snykante teen die regte hoek aan swaailemgrassnyerlemme. Dubbelkantige wiel kan sowat 10 keer herslyp, vir jare se gebruik. Pas op enige huishoudelike kragboor, waaronder koordlose bore. Maak ook weer die skerp kant van grawe, skoffels, grasperkrandsnyers en byle skerp wat dit veel makliker maak om te gebruik. Aanwysings wys hoe om lembalans maklik te behou.

www.vermontsales.co.za

Click here to view all of our Garden Galleria features