Vier Vadersdag!
Hellebore Helde
Jy sal jou pa nooit vergeet nie. Bederf hom hierdie Vadersdag met iets wat hy nooit sal vergeet nie – ʼn pragtige Hellebore! Hellebore het dit alles: Dis immergroen meerjarige plante, is maklik om te kweek, gehard en blom in die winter. Die groot variasie van blomme in asemrowende kleure sluit in spoggerige kartels, eksotiese spikkels, strepe, kolle en fyn beaarde kroonblare. Hellebore blomme kom voor in enkel, dubbel of anemoon vorm blomme, en die kleure wissel van spierwit, skakerings en tinte van pienk, geel, rooi en verruklike pruimpers, silwerswart en selfs appelgroen! Hellebores is geskik vir potte sowel as direk in die grond. In Suid-Afrika blom die Hellebore-hibriede (orientalis) oorvloediglik vir sowat drie maande van Julie tot September. Hierdie meerjarige plante word dikwels as die “koningin van die winter blomme” bestempel en sal groot waarde en genot vir baie jare aan jou tuin toevoeg. Skeduleer jou besoek vandag nog om die perfekte Vadersdag geskenk uit te soek. Facebook: GROASISHouseofHellebores, www.groasishouseofhelleborus.com.
Besoek The Gardener Facebook blad om in te skryf om ʼn geskenkpak van 11 Hellebore plante te wen.
Plaaslike koelhouer
Die Fieldbar Drinks Box is ʼn koelhouer met ʼn harde dop wat ontwerp is vir uitmuntende termiese prestasie. Die goed gemaakte Drinks Box met perfekte afmetings is alles wat jy van ʼn moderne koelhouer sal verwag: Dis duursaam, veelsydig, gemaklik om te dra, hou ook ys vir tot 50 uur bevrore en is uitermate geskik vir wyn, vonkelwyn, jenewer, mineraalwater, niealkoholiese drankies en bier. www.yuppiechef.co.za
Bome in potte
Die baniaanboom met sy manji‑ eke groeiwyse wat dit so ikonies maak, is verkrygbaar vir liefhebbers van potplante om in ʼn miniatuurvorm te geniet. Ficus microcarpa ‘Ginseng’ of baniaanbonsai is ʼn dwergweergawe wat in potte te kry is en is ʼn goeie geskenk vir Vadersdag. ‘Ginseng’ is geskik om met ʼn bonsaiversameling te begin omdat dit ʼn uiters vergewensgesinde boom is wat ʼn uitstekende beginplant is om reg te knip en te vorm. LVG Plants verskaf ʼn wye verskeidenheid binnenshuise plante waarna jy op die webwerf https://lvgplant.co.za kan kyk. Wees op die uitkyk na hulle by jou plaaslike kleinhandelaar. Bome in potte Die baniaanboom met sy manji‑ eke groeiwyse wat dit so ikonies maak, is verkrygbaar vir liefhebbers van potplante om in ʼn miniatuurvorm te geniet. ‘Ginseng’ of baniaanbonsai is ʼn dwergweergawe wat in potte te kry is en is ʼn goeie geskenk vir Vadersdag. is geskik om met ʼn bonsaiversameling uiters vergewensgesinde boom is wat ʼn uitstekende beginplant is om reg te knip en te vorm. LVG Plants verskaf ʼn wye verskeidenheid binnenshuise plante waarna jy op die webwerf https:// lvgplant.co.za kan kyk. Wees op die uitkyk na hulle by jou plaaslike kleinhandelaar.
Laat jou geligte tuin vir jou werk
Kweek jou kos oral met ʼn Vegepod. Hulle is te kry in drie verskillende groottes (0,5 x 1 m, 1 m x 1 m, 2 m x 1 m) om by elke behoefte te pas en maak gebruik van waterpittegnologie, wat tot 80% minder water gebruik. Die beskermende maasbedekking beskut teen plae en strawwe elemente, en skep ʼn mikroklimaat vir optimale groei. Die Vegepod is ook met ʼn sagte misbesproeiingstelsel toegerus en kan saam met ʼn staander of trollie gebruik word om dit nog makliker te maak om jou eie te kweek. Vegepods word van voedselgraadpolipropileen gemaak, het ʼn 10-jaarwaarborg en kan landswyd afgelewer word. www.vegepod.co.za
Moenie jaloers wees oor epi ete nie!
Kry ʼn geskenk vir jou of iemand spesiaal Die Wooden Air Plant Frame (R135) van Rare and Air maak dit maklik om jou tillandsias te vertoon. Druk bloot jou plante in die geweefde rooster in en hang dit teen ʼn muur op of vertoon dit op ʼn tafel. Die rooster laat lugvloei om die plante toe en jy kan hulle na ʼn ander plek verskuif wanneer jy wil. Dit maak ʼn uitstekende geskenkkeuse uit vir die tuinier in jou lewe wat iets nuuts wil hê. Jy kan plante van www.rareandair.co.za bysit of Ruth bel vir ʼn bietjie kundige raad oor jou keuse. Dit word oor die hele Suid-Afrika by jou deur afgelewer of in geskenkpapier toegedraai en gaan reguit na jou geliefde toe.
Kindertuinmaakstel
Hierdie Gardening Kit is ongeloo‑ ik vir pa’s en kinders om gehaltetyd saam deur te bring deur saad van sukses te saai. Kry dit by jou plaaslike tuinsentrum of hardewarewinkel. www.starkeayres.com
Tiemie vir pa
Gee vir pa hierdie Vadersdag ʼn bietjie welverdiende tiemie saam met my spesiale kruiepakket. Dit sluit in twee 12 cmterracottapotte, ʼn tiemieplant wat plukgereed is, ʼn kruiebedrukte snoeiskêr en origanumsaad om te ontkiem. Vertoon alles in ʼn stylvolle klein kweekhokkie. Pa se kookkuns sal nooit weer dieselfde wees nie! Besoek www.tanyavisser.com vir nog tuinpakketkeuses.
Sny takke met ʼn alligator
Die rewolusionêre nuwe snygereedskapstuk, die BLACK+DECKER 550W Alligator® Powered Lopper, maak met sy kragtige metaalkake korte mette van klein takkies van tot 10 cm in deursnee. Dit werk soos ʼn handtakknipper, maar met die krag van ʼn kettingsaag. Dit is die soort kraggereedskapstuk waarvan pa’s hou om tuinonderhoud kinderspeletjies te maak. Die alligator is maklik en veilig om te gebruik met ʼn kragtige motor en ʼn skakelaar in elke handvatsel na die takknipperstyl. Besoek https://za.blackanddecker.global/en/retailers om jou naaste kleinhandelaar te vind en een betyds vir Vadersdag te kry.
Besoek The Gardener Facebook blad om in aanmerking te kom om ʼn BLACK+DECKER 550W Alligator® Powered Lopper te wen!