
Winter Dae


Voed knoppe, blomme en vrugte
Vir die bes moontlike blomme en vrugte het jy ʼn produk nodig wat ryk aan kalium is. Nourish for Buds, Flowers and Fruit van Talborne Organics is net die ding om die vruggehalte en geur van eetbare plante, asook sierblomme soos orgideë, aalwyne en rose en ook plante in houertuine en hangmandjies te verbeter. Hierdie volkome natuurlike produk word van aartappel- en suikerbeetekstrak gemaak, wat daaraan geheel en al ʼn plantbasis gee, en plante help om weerstand te verhoog teen stres, plae en siektes. Verdun dit met water en dien tweeweekliks toe.

Skryf nou in vir ‘n voltydse landskapontwerpkursus
Lifestyle College bied ʼn voltydse kursus van 12 maande aan wat die volledige spektrum van meer as 29 kursusse en 8 weke praktiese ervaring, terreinbesoeke en netwerkvorming dek. Die programme duur van 1 Augustus 2022 tot Julie die volgende jaar. Hoe skryf ek in? Vir verdere inligting oor inskrywing kontak ons asseblief by marketing@lifestylecollege.co.za

Die nuwe 90°-aandrywer
Hierdie nuwe kompakte boorhegstuk stel ʼn mens in staat om skroewe in te draai op plekke waar jy gewoonlik nie met jou boor kan inkom nie. Die magneetpunt sluit in die kop van ʼn sakgatskroef en glip nie uit nie, dus kan jy met vertroue skroewe indraai ongeag waar hulle is. Hierdie hegstuk werk met alle seskantige skagboorpunte, wat dit uitstekend maak vir meer as net sakgatskroewe. Dit is maklik om met die een hand die PocketHole Driver op sy plek te hou terwyl jy die boor met die ander hand beheer. Dis ook impakgegradeer vir gebruik met ʼn impakaandrywer.

Nuwe stil blasers
Die nuwe ultrastil WORX 20 V koordlose blasers is nou te kry om kinderspeletjies van tuinskoonmaak te maak. Die WORX Turbine Cordless Two-Speed Leaf Blower voer koordlose blasers na ʼn nuwe vlak. Met turbinetegnologie verander die koordlose blaser van ʼn veër van vaste oppervlakke na ʼn volwaardige blaartornado. Dit spog met ʼn tweespoedbeheerfunksie wat op enige soort oppervlak alles van ligte skoonmaak tot volledige blaarverwydering moontlik maak.
Die veelsydigheid van die WORX Air Cordless Leaf Blower maak dat jy met die minste tyd en moeite ʼn skoon gebied om jou huis kan skep. Met die lang skuins buis kan jy inkom op moeilik bereikbare plekke, soos onder meubels, dekke en motors. Dit lewer ʼn maksimum lugspoed van 200 km/h om groot gebiede maklik skoon te maak, is ideaal vir harde oppervlakke en is lig en kompak.