’n Tuiniersgids tot Volhoubare Grasperknatmaak
Namate die winter naderkom, maak tuiniers gereed vir die unieke uitdagings en geleenthede wat die kouer weer meebring. Terwyl die fokus van somerblomme na wintergehardheid kan verskuif, bly een aspek konstant: die belangrikheid van waterbewaring. As rentmeesters van die grond is ons verantwoordelik om hierdie kosbare hulpbron slim te benut om nie net ons tuine te onderhou nie, maar ook die omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar.
Die Waterslim Span in samewerking met Evergreen Turf Company (Suid-Afrika se voorste graskweker) en die Universiteit van Suid-Afrika onderneem tans ʼn omvattende navorsingstudie om watergebruikspatrone van kikoejoegras (Cenchrus clandestinus Hochst. ex Chiov.), ook bekend as Pennisetum clandestinum, te ontleed. Hierdie ondersoek behels die toepassing van uiteenlopende natmaakprogramme en -behandelings. Die bevindings van hierdie studie sal vir die Waterslim Span as grondslag dien om doelgemaakte waterbewaringsopvoedingsen -bewustheidsveldtogte te ontwikkel wat op die optimale natmaakpraktyke vir kikoejoegras gerig is. Die spesifieke doel is om te verseker dat hierdie veldtogte ter sake sowel as op die doelwit toegespits is om waterverbruik vir die besproeiing van kikoejoegras tot ʼn minimum te beperk.
Kikoejoegras is die oorwegende keuse vir grasperke oor die hele Suid-Afrika. Die gras wat van Oos-Afrika kom, toon ʼn aggressiewe groeipatroon wat tot indringing kan lei wat moontlik inheemse grassoorte kan verdring. Dit word vanweë sy droogtebestandheid, bekostigbaarheid en min onderhoudsvereistes geloof, en gedy in streke waar talle ander grasvariëteite swaarkry. Tog word dit aanvaar as een van die hoëwatergebruiksturfgrasse, wat hoofsaaklik aan menslike praktyke en voorkeure toegeskryf word.
Rustoestand by grasperke
Rustoestand verwys na ʼn tydperk wanneer grasgroei tydelik afneem en die gras ʼn seisoen rus. Kikoejoe gaan altyd ʼn rustoestand binne tydens die winter wanneer die gras verbruin. Bruin kikoejoegras beteken egter nie dat dit dood is nie; dis bloot rustend en hoef nie natgemaak te word nie. ʼn Grasperk in ʼn rustoestand “rus” bloot en bewaar energie vir die nuwe groeiseisoen. Die rustoestand is ʼn natuurlike manier vir grasperke om vog en voedingstowwe in koue en droë seisoene te bewaar.
Waterslim natmaak vir kikoejoe
- Maak kikoejoe minder nat wanneer dit rustend is.
- Wag tot dit weer begin reën voor jy jou kikoejoe uit sy russtadium wek.
- Nuut aangeplante kikoejoe verlang net meer water tydens sy plant- en vestigingstyd. Begin gee dit geleidelik minder gereeld water na dié fase.
- Maak in die somer soggens vroeg (06:00) of smiddae laat (18:00) nat omdat dit minder water weens verdamping laat verlore gaan.
- Gebruik ʼn pistoolspuit as kikoejoe met ʼn tuinslang natgemaak word.
Waterbewaring gaan nie net oor geld bespaar of jou waterrekening verminder nie — dit gaan oor die behoud van die aarde se noodsaaklikste hulpbron om die volhoubare beskikbaarheid vir alle lewende organismes te verseker. Namate ons teen klimaatspatrone en toenemende waterskaarste stry, is die aanvaarding van volhoubare praktyke in ons tuine belangriker as ooit.
Deur eenvoudige en tog effektiewe waterbesparingstegnieke toe te pas, kan tuiniers ʼn aansienlike verskil in hul gemeenskappe en verder maak. ʼn Voordeel van die tipe pogings behels die integrering van waterbewaringsmetodes in jou grasperksorgroetine tydens die koeler seisoen.
WeesWaterslim
Image source: www.pennington.com