fbpx

Vind jou pad deur waterbewaring

ʼn Suid-Afrikaanse gevallestudie – Vind jou pad deur waterbewaring in jou tuin tydens die dreigende El Niño

Namate die son op die voorgrond tree en die temperatuur begin styg, berei Suid-Afrika (SA) voor om sy intense groeityd aan te pak, ʼn tyd van hernuwing en verandering wat die belofte van oorvloedige gewasse en blommende flora inhou. Met waterskaarste en klimaatsverandering wat egter immer teenwoordig in die land is, raak dit gebiedend noodsaaklik om waterbewaringsbeginsels na te volg.

Suid-Afrika word vanweĂ« sy semi-ariede klimaat en hoĂ« verdampingstempo as ʼn waterskaars land geklassifiseer. Ons gemiddelde jaarlikse reĂ«nval is ongeveer 450 mm/jaar wat onder die wĂªreld se gemiddelde jaarlikse reĂ«nval van 860 mm/jaar is. Met die toename in klimaatsveranderingsepisodes word voorspel dat die reĂ«nvalvolumes en atmosferiese temperature verder beĂ¯nvloed sal word. Dis bekend dat SA se reĂ«nvalvolume met 1,5 mm per maand afgeneem het, wat gelyk is aan ʼn afname van 3,7% per dekade sedert 1960. Die kwessie vererger verder – daar word voorspel dat die temperatuur teen 2060 met 1,1 °C tot 2,4 °C en teen 2090 met 1,6 °C to 4,3 °C sal verhoog.

SA se klimaatswetenskaplikes het onlangs waarskuwings aan die regering, besighede en die gemeenskap uitgereik oor die dreigende El Niño. Die El Niño Suidelike Ossillasie (ENSO) is ʼn klimaatsverskynsel wat as uiters belangrik beskou word vanweĂ« sy vermoĂ« om wĂªreld atmosferiese sirkulasie te verander. Die herhaalde El Niño- en La Niñaklimaatsneigings in die tropiese Stille Oseaan is onderskeidelik as die koue en warm fases bekend. Suid-Afrikaanse navorsers het bekend gemaak dat daar getuienis is wat dui op ʼn matige tot sterk El Niño wat in 2023 vorm op grond van die gereelde monitering van die ENSOstelsel. Hierdie bevindings dui daarop dat talle tuiniers, besighede, die regering en die publiek voorbereidings moet begin tref vir die waarskynlike gevolge van El Niño

Historiese data wat van die SA Weerdiens se webwerf verkry is, dui daarop dat die meeste landsgebiede van Julie 2022 tot September 2022 lae gemiddelde reĂ«nvalvolumes ervaar het wat van 0 mm tot 50 mm gewissel het. Dit plaas ons in ʼn kwesbare posisie omdat die El Niño-effek die eerste reĂ«ns verder kan vertraag wat noodsaaklik vir ons tuine is. Aangesien die groeityd op hande is, is die nodigheid om watergebruik te verhoog om jong saailinge aan die lewe te hou en saadontkieming aan te moedig onvermydelik. Tuiniers moet dus versigtig oorweeg wat nodig is vir die bewaring van ons beperkte waterhulpbronne.

Om ons pad deur die potensiĂ«le gevolge van El Niño te vind, is diĂ© ʼn paar van die noodsaaklike #Waterslim-beginsels wat jy by jou tuin kan insluit:

  • Hidrosonering: Groepeer plante met eenderse natmaakvereistes saam om die gebruik van onnodige water te verminder.
  • Gryswaterstelsels: Gebruik behandelde gryswater (hergebruik water wat van baddens, storte, ens., versamel is) om jou tuin nat te maak.
  • ReĂ«nwateroesting: Versamel reĂ«nwater tydens die reĂ«ntyd in reĂ«nbalies of reĂ«nwatertenks om plante tydens die droĂ«r maande nat te maak.
  • Natmaaktye: Maak jou tuin soggens vroeg of smiddae laat nat wanneer die son nie so sterk is nie.
  • Bedekking: Die toediening van ʼn organiese deklaag (basspaanders of strooi) rondom jou plant help bewaar grondvog.
wetland
Advertisements
-->
The Gardener