![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-tree.jpg)
Maak self jou kersboom
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-tree-1024x683.jpg)
ʼn Kersboom kan so opgesmuk wees as ʼn denneboom propvol versierings en flikkerliggies of so eenvoudig as ʼn tekening op ʼn swartbord – wat jou ook al geval. Raak skeppend en ontwerp jou eie, of maak hierdie een.
Jy het nodig
Basiskis
- 1 x 400mm x 200mm x 20mm
- 2 x 400mm x 80mm x 20mm
Boomtakke en steunstuk
- Tree branches and support
- 1 x 700mm x 90mm x 20mm plank
- (back support)
- 1 x 630mm x 90mm x 20mm plank
- 1 x 510mm x 90mm x 20mm plank
- 1 x 390mm x 90mm x 20mm plank
- 1 x 280mm x 90mm x 20mm plank
- 1 x 200mm x 90mm x 20mm plank
- 1 x 90mm x 90mm x 20mm plank
Rakke
- 1 x 400mm x 80mm x 20mm
- 1 x 300mm x 80mm x 20mm
- 1 x 150mm x 80mm x 20mm
- 3,5 mm x 41 mm-houtskroewe
- Rust-Oleum Chalked Paint (Aged Grey)
- ʼn Klein houertjie water.
Gereedskap
Koordlose boor en Philips-boorpunt, verfkwas, 100-grintskuurpapier.
Wenk: Al die hout wat vir hierdie projek gebruik is, is herwonne hout. As jy nie die gereedskap het om jou hout te saag nie, kontak jou plaaslike hardewarewinkel om bystand.
Stappe
1. Sit die twee kiskantstukke onder die kisbokant en skroef van bo af vas.
2. Saag al die plankpunte wat die takke sal vorm teen ʼn hoek van 30° af en skuur tot glad.
3. Sit die “takke” op ʼn plat oppervlak neer en gebruik afvalhout om hulle eweredig uit te sprei.
4. Saag die een punt van die agtersteunplank spits. Sit die agtersteunplank op die takke en skroef hulle met twee skroewe per “tak” daaraan vas.
5. Sit die rakke tussen twee horisontale planke en skroef hulle aan die agterkant van die steunplank vas.
6. Skroef die voltooide boom met skroewe aan die agterkant van die basiskis vas.
7. Gooi ʼn bietjie verf in ʼn houer uit en verdun dit deur ʼn klein bietjie water by te voeg tot dit die dikte is wat jy wil hê, ʼn waterige waterverf. Verf die struktuur met hierdie waterverf.
8. Laat dit droog word en versier.
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-1.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-2.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-3.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-4.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-5.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-6.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-7.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-8.jpg)
![](https://www.thegardener.co.za/wp-content/uploads/2022/12/Wooden-Christmas-Tree-step-9.jpg)