fbpx
spiral garden

Minispiraaltuintjie

Lees in Engels

Die spiraalsimbool verteenwoordig beweging, gewoonlik die beweging van uiterlike bewussyn na innerlike bewustheid en vrede. In haar eie soeke na vrede het Tanya ʼn minispiraal in haar tuin gemaak.

Jy het nodig:

  • Kompos – 1 sak per vierkante meter grond
  • Organiese misstof
  • Grassaad – in diĂ© geval skadugras
  • Mieliemeel
  • Houtlatte vir die raam. (Ons het 38 mm x 38 mm x 900 mm gebruik.)
  • ʼn Houtplank om op te staan terwyl die spiraal gemaak word
  • ʼn Plastiektregter

Maak sĂ³:

1. Berei die plek voor deur kompos en ʼn hand vol organiese misstof in te spit.

2. Hark die plek goed om seker te maak die werkvlak is gelyk. (Staan op die houtplank terwyl jy hark sodat jy nie die grond vastrap nie.) Gebruik ʼn hand vol mieliemeel om die spiraal uit te merk en begin in die middel.

3. Gebruik ʼn plantstok om ʼn voor ongeveer 2 cm diep te maak terwyl jy die mieliemeelstreep natrek.

4. Maak die tregter vol grassaad en hou die opening onder toe met ‘n vinger. Gebruik die tregter om saad in die spiraalvoor te saai. Vee die saad toe met jou hand en stryk die grond plat. Maak goed nat met ʼn fyn sproei.

5. Maak daagliks nat tot die fyn grasspriete verskyn (na sowat 14 dae) en verminder natmaak tot elke tweede of derde dag.

6. Rond die ontwerp af deur die gras reg te knip om dit netjies te maak. Meet en sny die latte vir ʼn raam vir die ontwerp. Bring heel laaste ʼn laag klippies tussen die gras en om die rand van die raam aan.


Vir meer inligting koop Die Tuinier of The Gardener!

Kry jou uitgawe hier!

Advertisements
-->
The Gardener