fbpx

Paasparade

Read in English

Waarom moet Kersfees die enigste vakansiedag wees wat kranse kry? Ons dink Paasfees verdien dit ook, en jy kan herfsblare gebruik om hierdie rustieke fantasie te maak om almal by jou deur te verwelkom.


Jy het nodig:


• ʼn Afvalstuk Masonite, MDF, laaghout of karton vir die sirkel en voëlhuisie
• Wit verf vir die voëlhuisie
• Blare, bas en stokkies
• Bloemisteskuim
• Draad
• ʼn Verskeidenheid vars blomme
• ʼn Gomgeweer en gomstiffies
• Lint
• Klein wit sjokolade-eiertjies


MAAK SÓ


1 Sny ʼn sirkel met ʼn Stanley-mes uit die Masonite of karton om as raam te gebruik. Dit moet ongeveer 350 tot 400mm in deursnee en die sirkelraam moet ongeveer 50 mm breed wees


2 Sny dele vir die voëlhuisie en gom dit aanmekaar vas – ʼn klaargemaakte voëlhuisie kan ook gebruik word wat by sekere kunsvlytwinkels te koop is. Verf die voëlhuisie as dit klaar is. Sny twee gleuwe in die onderkant van die voëlhuisie om op die raam te pas. Gom dit om dit op sy plek te hou


3 Sny ʼn stuk bloemisteskuim vir die blomme af en week dit 30 sekondes in water. Maak dit met draad aan die raam onder die voëlhuisie vas.


4 Maak voor die volgende stap ʼn gat aan die bokant van die raam en ryg ʼn lang stuk lint daardeur vir ophang. Maak die gomgeweer warm en begin om blare en bas aan die raam vas te plak. Die idee is om die raam te bedek sodat dit nie sigbaar is as die krans klaar is nie. Plak die stokkies vas tot dit goed lyk. Moenie vergeet om die dak van die voëlhuisie ook te versier nie.


5 Hang die raam teen die deur op en rangskik die blomme in die bloemisteskuim tot dit heeltemal bedek is. Sit ʼn paar klein sjokolade-eiertjies of ander versierings by en dit is klaar.



Vir meer, lees die April uitgawe van Die Tuinier of The Gardener!

Kry jou uitgawe hier.

Advertisements
The Gardener