fbpx

Vinnige en maklike lekkertes met ʼn kruiebasis


Read in English

Oorskiethoender? Kap hoender, seldery (1 of 2 stingels) en ʼn halwe appel in klein blokkies op en meng by 4 eetlepels gewone jogurt, 2 eetlepels matige heelkorrelmosterd, fyngekapte pietersielie, dille of grasuie, en sout en peper. Sit die vulsel in ʼn aparte bakkie en draai ʼn broodjie of pitabroodjie afsonderlik toe sodat die kinders dit bymekaar kan sit as hulle honger is.

Morsvrye kruiemuffins is lekker happies deur die dag, of kan geëet word met ʼn klaarbereide boontjie- of lensieslaai met avokado bygevoeg vir middagete. Ideale kruie vir kruiemuffins is tiemie, dille, pietersielie of grasuie. Sit ʼn bietjie spinasie by die muffins en hulle sal nie eers die kruie proe nie.

Glutenonverdraagsaam?  Frittata is die perfekte oplossing. Braai blokkies aartappel, spek en uie tot sag en gooi dan ses effens geklitste eiers en 1 eetlepel gekapte pietersielie by. Kook vyf minute tot die eiers geset is, en sit dan onder die rooster vir nog vyf minute. Dit is heerlik as dit koud geëet word, soos die Spanjaarde maak

-->
The Gardener