
Hoe om Bokbaais te saai



Daar is egter nie ʼn vroliker vertoning as ʼn lappie van een van ons bekendste veldblomme, die eenjarige bokbaais of bokbaaivygies (Cleretum bellidiforme), nie.
As jy ʼn liefhebber van vygies en soortgelyke plante is, kan jy elke seisoen plate van hierdie platgroeiende vetplante aan die blom hê as jy verskillende spesies, inheems sowel as uitheems, plant wat as een- sowel as meerjariges verkrygbaar is.
Op ʼn sonnige laatwinters- of lentedag maak die glinsterende blomme wyd oop in ʼn reënboog van kleur om heuningbye en ander bestuiwers te lok om te kom besoek aflê, en jou rotstuin, potte of enige ander songebakte kol sal in ʼn kleuregloed gehul wees!
Hoewel ʼn mens later in die seisoen bokbaaivygies in saailingkissies kan koop, is dit maklik en ekonomies om hulle self te saai, sommer direk in die grond waar jy wil hê hulle moet groei.
Hoe om Bokbaais te saai
- Versprei ʼn dik laag kompos oor die grond en spit dit ongeveer 20 cm diep om. Jy kan in hierdie stadium ook ʼn algemene misstof byvoeg.
- Hark die grond tot dit fyn is terwyl jy ou wortels en klippe verwyder.
- Maak daarna baie liggies nat met ʼn fyn sproeikop om jou saadbedding te laat vassak.
- Meng die saad met mieliemeel, koekmeel of riviersand as droë draer – hierdie materiale sal jou help om dit ewerediger te versprei terwyl jy saai.
- Hark die grond weer baie liggies om die saad te bedek en druk liggies vas met die agterkant van die hark.
- Maak goed nat met ʼn fyn sproeikop.
Verseker sukses
Direct sowings should be watered every day, or even twice a day in the early morning and late afternoon if it is a hot day, until the first signs of germination. Once they have germinated, keep the soil just moist. Use a soft sprayer and take care not to create muddy pools, which will wash your seeds away.
LEES MEER: Lees oor inheemse plante vir jou herfs- en wintertuin.