fbpx

Maak Fuchsia-Steggies

Read in English

Fuchsias is perfek vir hangmandjies en potte, en verleen helder kleur aan die somertuin. Dit is ook maklik om hulle van sagtehoutsteggies voort te plant met die volgende stappe:

Jy het nodig

  • ʼn Fuchsia-plant
  • Growwe riviersand
  • Palmveen
  •  ʼn Voortplantingspot
  • Steekpenne
  • ʼn Plastieksak
  • ʼn Snoeiskêr

Stappe vir Fuchsia-Steggies

1. Sny jong groeipunte van 5 cm tot 10 cm lank van ʼn gesonde fuchsia-plant af.

2. Berei ʼn grondmengsel van gelyke dele growwe riviersand en palmveen en maak ʼn pot vol.

3. Sny die onderste blare van die steggie af en sny die stingel onder effens korter.

4. Doop die steggie in water en dan in bewortelingshormoonpoeier.

5. Maak ʼn gat met ʼn steekpen of potlood in die pot, steek die steggie in en druk die grond vas. Lugholtes om die steggie is ongewens.

6. Sny groter blare in die helfte deur om waterstres te verminder.

7. Maak goed nat. 8. Steek drie houtpenne in, bedek met ʼn plastieksak om ʼn tent en ekostelsel te vorm. Bring die plantnaam en datum aan.

Fuchsia Sorg

Hou op ʼn koel plek, kyk gereeld of dit nat genoeg is en maak seker daar is genoeg vog vir die steggies terwyl hulle wortelskiet.

Beworteling kan tussen vier en ses weke duur waarna elke steggie in sy eie houer in goed dreinerende, vrugbare, klam grond geplant kan word.

Knyp die groeipunte uit om meer blomme en plante bosagtiger te maak.

Kies ʼn plek in die skadu of halfskadu en voed weekliks in die groeiseisoen met ʼn vloeibare plantvoedsel.

Maak seker die plante droog nie uit nie – hulle hou van baie water.

LEES MEER: Leer oor ‘Bella’ Fuchsias in hierdie artikel.

Kyk op GardenTube

-->
The Gardener