fbpx
dividing agapanthus

Meer Agapante

Read in English

Hoewel agapante nie omgee om te dig te wees nie, verloor hulle mettertyd hul natuurlike groeikrag en moet verdeel en oorgeplant word – nog ʼn bonus is dat jy ook baie meer van hulle sal kry. Aangesien die hoofblomtyd van die meeste verby is, is nou ʼn goeie tyd om die digte polle uit te grawe.

LEES MEER: Leer meer oor agapante in hierdie artikel.

Maak só:

Maak die taak makliker deur die agapantlappie die vorige aand nat te maak.

Lig die polle met ʼn tuinvurk uit – jy het dalk ʼn hulp met nog ʼn tuinvurk nodig om jou te help.

Skud die ou grond van die wortels af en maak die afsonderlike plante liggies van mekaar los.

Maak die verdeelde plante skoon deur die ou blare en vergaarde afval te verwyder en alle blare sowat 8 tot 15 cm dwars bo hul basisse af te sny.

Verwyder ook ou vlesige wortels en verkort die oorblywendes.

Hou die verdeelde plante in die skadu terwyl die grond met volop kompos, beenmeel en ʼn algemene stadig vrystellende misstof voorberei word om hulle terug of elders te plant.

Plant hulle oor en maak diep nat.

Versorging van Agapante

  • Plant hulle in goed dreinerende grond.
  • Berei ʼn BBP-grondmengsel met gehaltekompos en beenmeel voor om hul wortels te vertroetel.
  • Hulle kan wel in halfskadu geplant word, maar hoe meer hulle in die son bak, hoe beter blom hulle.
  • Selfs al is hulle droogtebestand, het hulle gereelde natmaak nodig, veral jong plante en dié in potte.
  • Die gereelde voed van agapante in potte met ʼn vloeibare plantvoedsel sal hulle welig hou, terwyl tuinagapante in die lente van ʼn voeding met ʼn stadig vrystellende misstof sal hou.
  • Verwyder uitgeblomde blomstele gereeld aan die basis van die plant.
  • Verdeel hulle elke tweede of derde jaar in die herfs ná hul blomtyd om hul wortels tyd te gee om tydens die winter te vestig.
-->
The Gardener