Hoogmooi Herfs
Ons het ʼn lys tuinmaakgoed gemaak wat beslis vir jou ʼn ongelooflike herfsseisoen sal gee.
Veilige en maklik-omte-gebruik lokvalle
Hou vlieë onder beheer met Protek se herbruikbare en weggooibare Flyzone-lokvalle en lokaas. Hulle bevat ʼn niegiftige organiese proteïenlokaas wat veilig is om te gebruik. Die lokmiddel word geaktiveer as water in die sak bygevoeg word. Die vlieë word deur die reuk gelok, gaan die lokval deur die boonste dop binne en verdrink in die water.
Kitskos vir potplante
Starke Ayres Nutri Stix is ʼn plantvoedselstokkie met uiters voedsame elemente om plante van die herfs tot in die winter te voed. Druk die plantvoedselstokkies tussen die plant en die potrand heeltemal in die grond in. Die stokkies los op en verskaf die nodige voedingstowwe aan die plante.
CANNA Coco
As een van die puikste kokossubstrate om jou gewasse te kweek, is CANNA Coco Professional Plus gewas en gebuffer om die perfekte substraat te verseker. Dis vry van grondsiektes en het ʼn uitstekende water-/lugstelsel, wat die ideale toestande vir vinnig ontwikkelende plante verskaf. Dit is verkrygbaar in ʼn los kokossubstraat of ʼn saamgeperste blok.
Nuwe tegnologie by saamgestelde versteksae
Die Kapex Sliding Compound Mitre Saws van Festool voer versteksae na ʼn nuwe vlak met nuwe tegnologie, waaronder reëlbare spoed, wyd gespasieërde relings om stabiliteit te bied en ʼn magnesiumallooibasis wat dit lig maak. Daar is twee keuses verkrygbaar, die KS 60 en KS 120. Hulle stel gebruikers in staat om binne- en buitehoeke sonder ingewikkelde berekenings te meet en te saag. Hierdie saamgestelde skuifversteksae bied wonderlike eienskappe en waarde.
Nuwe plaag- en siektebeheermiddels
Makhro Home and Garden het ʼn paar nuwe produkte bekend gestel om plae en siektes in jou tuin reg te sien. Omdat sekere plae dalk weerstand teen jou huidige dalk oormatig gebruikte insekdoder ontwikkel het, is dit tyd vir verandering.
Mikka is ʼn organofosfaat wat dit die perfekte oplossing maak om weer verskeie insekte op jou sierplante en rose en in blombeddings heeltemal te beheer.
Halo is ʼn korrelonkruiddoder in ʼn gerieflike vooraf afgemete verpakking, en het die vermoë om uintjies en ander soorte breëblaaronkruide te beheer.
Sulfostar is ʼn uitstekende produk wat vir organiese boerdery (of tuinmaak) gesertifiseer is. Sy lae giftigheid is nie skadelik vir bye en natuurlike roofinsekte soos roofmyte en liewenheersbesies nie, en nogtans beheer dit steeds verskeie swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies.
New herbs for autumn
MayFord stel net betyds vir die herfs die eerste van verskeie nuwe kruievariëteite bekend. Gaan kyk na:
- Garden Rocket – sagter as ons skerp Wild Rocket en een van die maklikste en vinnigste kosse om te kweek. Tuinroket is perfek in pesto, heerlik in doopsouse, lekker op pizza, en die effens peperagtige smaak help met spysvertering.
- Catnip – die grootste genot vir katte! As hulle die blare besnuffel, lek, daarteen skuur of daarop rol, stel dit aromatiese olies vry wat ʼn euforiese of kalmerende uitwerking het. Kattekruid: die “opkikkertjie” vir katte!
- English lavender – ʼn kruid met talle kombuisgebruike en ʼn treffende byvoeging by randakkers wat uitgestrekte plate kleur van vroegsomer tot in die herfs verleen. Engelse laventel is ook ideaal om informele heinings te maak en kan gepluk word vir geurige rangskikkings in die vaas, vir geursakkies en potpourri.
Rypmaaksak vir avokado’s
Grow Veggies het die Avocado Ripening Bag bekend gestel wat die rypmaak van avokado’s maklik maak en in die helfte van die tyd gedoen kry. Die hormoon etileen, wat avokado’s en piesangs ryp maak, is in die vesels van die sak vasgevang en begin dit wat in die sak is dadelik ryp maak. Nog ʼn trekpleister is dat die sak van herwonne plastiek gemaak is. Bestel deur geoff@thetradepost.co.za te e-pos.
Megasaadpakke vir winterblomme
Mayford recently launched their new mega pack range of winter flowers with new easyto-see indicators, Mayford het onlangs hul nuwe megasaadpakreeks vir winterblomme bekend gestel met nuwe maklik sigbare aanwysers, waaronder “Throw & Sow” (wat op maklike saai dui), “Waterwise” (minwatergebruiker), “Indigenous” (inheems), “Bee Friendly” (byvriendelik), ”Cut Flower” (geskik vir die vaas), asook “Enough for” 5 m2 (die saaigebied). Die saai-aanwysings agterop die pakkie is ook verbeter om te toon hoe om die vierkante meter van die saaigebied uit te meet. Wees op die uitkyk hierna by jou plaaslike tuinsentrum.
Veilige en effektiewe mierlokvalle
AnTrap® is ʼn mierlokaas wat gereed is vir gebruik binne en buite. Die unieke formulering roei die hele nes, ook die koningin, uit. Die twee 10 g-lokvalle bied maklike en veilige toediening omdat daar geen kontak met die insekdoder is nie. Dit beheer miere tot twee maande lank.
Hoogs doeltreffende misstof
Guanoflo is ʼn gesertifiseerde organiese misstof wat van seevoëlghwano gemaak word. Dit verskaf makro- en mikrovoedingstowwe aan jou plante en verbeter die koolstofvlakke in die grond. Verdun een liter Guanoflo met 40 liter water en dien dit weekliks direk op die grond of as blaarvoeding aan alle plante toe.
Maak en wen!
Daar is kwalik groter pret as ʼn Paaseiersoektog saam met die kinders! Hê ʼn kans om hierdie ongelooflike Paashaasmandjie of die Fragram-gereedskap wat ons vir die maak daarvan gebruik het te wen. Klik hier om na die DDS te kyk en uit te vind hoe om vir die kompetisie in te skryf.