fbpx

Stedelike Vleilandbestuur In ‘n Suid –Afrikaanse Konteks


Stedelike vleilande word omskryf as vleilande wat in en om verstedelikte gebiede voorkom en kan óf natuurlik óf kunsmatig wees. Hulle word dikwels die “niere van die stad” of “biodiversiteitsbiblioteek” genoem vanweë hul vermoë om die water te suiwer wat deur die vleilandekostelsel vloei en ʼn habitat vir ʼn ontsaglike aantal uiteenlopende plant- en dierspesies is. Natuurlike of kunsmatige vleilande kan permanent of tydelik oorstroom word. Hulle vorm mere, moerasse, vloedvlaktes, veenland, riviermondings, manglietbosse en koraalriwwe, en kunsmatige/gemaakte vleilande is damme, stormwaterbehandelingsterreine, dreine, reservoirs en geboude kanale. Sommige van die goedere en dienste wat deur stedelike vleilande verskaf word, sluit in:

• Sosio-ekonomiese voordele vir die gemeenskap is grasagtige plante van die biesiefamilie (papkuil, Typha capensis) wat geoes word om matte, mandjies of besems te maak. Visvang in vleilande kan ook gemeenskappe van kos voorsien.

• Rekreasie- of ontspanningsaktiwiteite word gemonetiseer om meer werk te verskaf vir gemeenskappe wat in die omgewing van die vleilande woon.

• Die mikroklimaat van vleilande maak dat stedelike gebiede nie so erg warm word nie.

• Hulle beperk die voorkoms van vloede in stedelike gebiede deur die spoed en krag van die water te verminder wat die vleilandstelsel binnekom, en stel water stadig aan die omgewing vry.

• Vanweë die hidrologie, geomorfologie en plantegroei wat in vleilande voorkom, kan die water wat dié ekostelsel binnegaan, deur sedimentering gesuiwer word wat deeltjies laat uitsak vanweë die laer waterspoed. Sekere swaar metale kan ook deur gespesialiseerde plante in die vleilande opgeneem word wat dit onbeskikbaar en die water skoner maak. In 2021 het meer as 67% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking in stedelike gebiede gewoon. Na verwagting sal die vlak teen 2030 hoër as 71% wees, en teen 2050 sal agt uit tien mense in stedelike gebiede woon. Vanweë verstedeliking het meer stedelike groen/blou infrastruktuur verlore gegaan om vir die toenemende bevolking te vergoed, en omdat vleilande uiters sensitiewe ekostelsels is, word hulle die swaarste getref. Dit het gelei tot ʼn onrusbarende afname in die voorkoms van vleilande en ander uitdagings soos ʼn afname in vleilandbiodiversiteit; veranderings in die hidrologiese vleilandstelsel; en ʼn toename in afvalwater, besoedeling en plaagdoders wat in die vleilande beland vanweë die verandering in die landskap en grondgebruike binne die opvanggebiede. Vanweë die groeiende ontwikkeling in opvanggebiede neem gronderosie binne vleilande ook toe.

Stedelike vleilandbestuur is nou uiters belangrik om die verdere verlies van vleilande te beperk. Dit is belangrik dat enige stedelike vleilandbestuursplan voorsiening maak vir volhoubare ontwikkeling wat vir mense sowel as die omgewing voordelig kan wees. Stedelike vleilandbestuurstrategieë moet insluit gemeenskapsprojekte wat beter vleilandbestuur bevorder; ʼn gesentraliseerde wetlike raamwerk wat die vleilande help beskerm; en die inkoop van plaaslike regering om te verseker dat die groen/blou infrastruktuur goed beskerm word deur die wet toe te pas.

Die bestuur van stedelike vleilande het met baie uitdagings te kampe wat van verstedeliking tot klimaatsverandering wissel, wat net beklemtoon hoeveel toewyding steeds nodig is om hierdie sensitiewe ekostelsels te bewaar. In Suid-Afrika het meer as 70% van vleilandekostelseltipes geen beskerming nie daarom is dit noodsaaklik om ʼn oproep te doen vir onmiddellike optrede vir vleilandbewaring, veral omdat dit ʼn waterskaars land is. Om ʼn uitwerking op vleilande in jou omgewing te hê, besoek asseblief die Water Wise-webwerf om te sien hoe jy by vleilandbewaring betrokke kan raak.

READ MORE: Leer meer oor stormwaterbestuur – skakel in bio

Wees altyd Waterslim!

wetland
-->
The Gardener