fbpx

Hibachi Rooster

Read in English

ʼn Hibachi ʼn tradisionele “vuurbak” wat gebruik word om vleis, vis en groente oor kole gaar te maak. Die houer is tradisioneel rond of vierkantig en pragtig versier, met ʼn kamer vir kole, en isoleermateriaal om hitteoordrag na buite te verminder. In die 1940’s het Japanse sjefs die eerste moderne hibachi-restaurant bekend gestel waar sjefs tafel-hibachi’s gebruik het om kos vir onthaal sowel as vir die bykomende geur voor te berei. Dit is ook ʼn wonderlike manier vir onthaal om rondom ʼn tafel te sit en jou kos gaar te maak net soos jy dit wil hê. Ons het ons hibachi baie maklik met keramiekhouers gemaak en ʼn bietjie hardehout gebruik om alles van groente tot vleis en seekos gaar te maak. Dit is hoe ons dit gedoen het.

Jy het nodig:

  • 2 keramiekhouers, ʼn grote en ʼn kleintjie wat in die grote pas met genoeg ruimte van ongeveer 30 mm tussen hulle. Ons het hierdie wonderlike geglasuurde potte gebruik omdat hulle so mooi lyk, hoewel enige keramiektuinpotte sal werk.
  • 1 sak riviersand
  • ʼn Rooster wat bo-op die groot houer pas. Ons het verskillende roosters by ʼn kombuiswinkel gekry en almal gebruik: ʼn fyn roostermandjie vir delikate kos en ʼn eenvoudige rooster vir groter, stewiger stukke.
  • ʼn Tappen of kurk om in die dreineergat van jou houer te pas om dit af te dig.
  • ʼn Deklaag van vulkaniese klippies – dit is na keuse

Maak só:

1. Stop die dreineergate in die potte toe met stukke tappen of kurk.

2. Bedek die onderkant van die groot houer met ʼn laag sand. Sit die klein potjie op die sand sodat die potrande gelyk met mekaar is.

3. Vul die opening tussen die potte op met sand en sit ʼn klippiedeklaag bo-op.

4. Maak in ʼn kolemaker vuur met die hardehout, wat warmer en langer aanhou brand, vir die basis.

5. Sodra die kole reg is, sit hulle op ʼn laag sand in die klein houertjie. Sit die rooster bo-op en jy is gereed vir gaarmaak.

-->
The Gardener