fbpx

Kruiebondelaanstekers

Read in English

Gebruik hierdie geurige bondels as deel van jou fynhoutjies as jy jou vuur aansteek, en los die aanstekers. Dit is ook ʼn wonderlike idee om daarvan op die vuur te gooi as julle om ʼn vuurput sit.

Jy het nodig:

  • Maskeerband en ʼn liniaal
  • ʼn Snoeiskêr
  • Dun tou
  • ʼn Skêr
  • Etikette
  • Kruie van jou keuse (Ons het roosmaryn, lourierblaar en ment gebruik.)

Maak só:

1. Plak ʼn stuk maskeerband op jou werktafel vas en meet 15 cm af.

2. Sny die kruie 15 cm lank.

3. Bind die kruie saam vas met tou.

4. Hang dit op om ongeveer twee weke te droog.

Lees meer: Leer hoe on jou eie biltongkas te maak

-->
The Gardener