fbpx
making boerewors

Maak Jou Eie Boerewors

Read in English

Verskillende kruie en speserye gee ʼn unieke geurprofiel aan elke boereworsresep, wat gewoonlik van geslag tot geslag oorgedra word. Vandag word voorafverpakte speserye by gemaalde vleis en spek gevoeg om aan boerewors die verskillende geure te gee wat in alle Suid-Afrikaanse supermarkte te vinde is. Tog is dit ʼn lekker ervaring om jou eie boerewors te maak.

Hier is ʼn paar voorbeelde van bestanddele wat in boerewors gebruik word:

  • 3 kg vleis (óf een soort óf ʼn mengsel van bees-, vark-, skaap- of volstruisvleis)
  • 500 g spek
  • 4 teelepels sout
  • 2 teelepels peper
  • 7 teelepels gemaalde koljander of grofgemaalde koljandersaad
  • 2 teelepels gemaalde neutmuskaat
  • Derms

Sny die vleis en spek in blokkies en voeg die speserye by. Laat dit ʼn uur staan, maal en stop die wors.

Bestanddele na keuse

  • ½ koppie port of sjerrie
  • 1 knoffelknol, fyngedruk
  • 1 teelepel naeltjies
  • Gerasperde skil van 1 lemoen
  • 12 salieblare
  • 1 teelepel marjolein
  • 1 teelepel mosterd
  • 1 teelepel gerasperde gemmer
-->
The Gardener