fbpx

Selfdoen Agterplaaskroeg

Read in English

Hierdie projek is so in die kol as ʼn koue jenewertjie tussen pelle nodig word.

Jy het nodig:

Twee palette

Dennehout soos volg:

  • 2 x 1100 mm x 90 mm x 40 mm
  • 2 x 370 mm x 90 mm x 40 mm
  • 2 x 215 mm x 90 mm x 40 mm

Sowat 5 sement- of leiklipteëls

40 voldraadsnyskroewe (4 mm x 50 mm)

Novabrik-verseëlaar

Woodoc Exterior Polywax Sealer

1 x 500 ml stel Sikadur-AP All-purpose Epoxy Adhesive

Tools:

ʼn Verfkwas, koordlose boor en skroewedraaierpunt, bandskuurder en stopverfmes.

Maak só:

  1. Skuur die palette en dennehout af. Lê die 2 palette op ʼn werkvlak. Skroef een 1100 mm x 90 mm x 40 mm-plank aan die onderkant van elke palet vas gelyk met die onderkant en ewewydig met die bestaande latte.
  2. Belyn die 2 palette teen mekaar met die latte wat na buite wys en die 1100 mm x 90 mm x 40 mm-planke onder. Las die 2 palette aanmekaar met die twee 215 mm x 90 mm x 40 mm-planke gelyk met die bokant van die palette.
  3. Las die onderkant van die 2 palette aanmekaar met die twee 370 mm x 90 mm x 40 mm-planke wat aan elke kant 75 mm verbysteek.
  4. Meng die epoksikleefmiddel volgens die aanwysings en wend rojaal op die paletkonstruksie aan volgens die afmetings van een teël op ʼn keer.
  5. Bring die eerste teël versigtig op sy plek op die palet aan sodat dit simmetries oor die paletstruktuur oorsteek. (Sit eers die teëls sonder epoksiekleef-middel op hul plekke om te sien presies hoe ver hulle moet oorsteek.)
  6. Verseël die houtstruktuur met ʼn buitehoutverseëlaar. Verseël die teëls met ʼn verseëlmiddel soos Novabrik.
Advertisements
-->
The Gardener