fbpx

Boeddha-bak

Read in English

Kosbakke is modieus, maklik om mooi op Instagram te laat lyk, en verrassend gesond en smaaklik. Wat lekker is van die maak van ʼn bak kos is dat jy kan gebruik net wat jy wil. Die volgende ding wat jy by jou volgende braai moet beproef, is kosbakke met sout, soet of tradisionele geure, of net die goed waarvan jy saam hou.

Soos die naam aandui, word ʼn Boeddha-bak gevul met gesonde bestanddele, meestal groentes, neute en graansoorte, wat kunstig gerangskik word en een van die Boeddhistiese sleutelkonsepte van balans verteenwoordig. Wat dalk ʼn bietjie vervelig klink, is ver van die waarheid af. Ekstra geur word met speserye en kruie bygevoeg, en hierdie bakke is heerlik en gesond.

Jy het nodig

  • Blomkoolskywe
  • Rys- of koringnoedels, 3 tot 4 minute in kokende soutwater gaargemaak
  • Botterskorsie, in blokkies gesny en 20 minute met olyfolie en sout gebak
  • Beetstokkies
  • Roket
  • Koljander
  • Lensies, in kokende water gaargemaak (of gebruik ingemaakte lensies)

Warm laksa-sous

  • 1 eetlepel geel kerriepasta
  • Olyfolie
  • ½ teelepel gerasperde vars gemmer
  • ½ teelepel fyngedrukte knoffel (1 huisie)
  • ½ blik klapperroom
  • ʼn Skeutjie lemmetjie

Vryfmiddel

  • Olyfolie
  • Gerookte paprika
  • Sout en peper
  • Suurlemoenskil

Metode

Meng die bestanddele vir die vryfmiddel en gebruik dit om die blomkoolskywe aan albei kante te bedek. Sit op ʼn braairooster en maak gaar tot sag, maar nog ferm. Berei die groente voor en stel die bak saam met die noedels in die middel. Gooi vir die sous ʼn bietjie olie in ʼn kastrol, verhit en sit die geel kerriepasta by om die geure vry te stel, voeg die gemmer en knoffel by en roer die klapperroom in. Voeg ʼn skeutjie lemmetjie by en gooi oor die bak.

-->
The Gardener