Braaihoederpizza
As jy ʼn ketelbraaier vir ʼn pizzaoond gebruik, moet jy ʼn pizzasteen hê. Dis uitstekend om binne minute ʼn rokerige bros pizza te maak. Maak die steen eers warm voor die pizza opgesit word wat van 7 tot 10 minute gaargemaak word na gelang van hoe warm jou vuur is.
Om een pizza te maak:
- 1 hoenderborsie wat 15 minute by ʼn lae pruthitte in ʼn bietjie aftreksel geposjeer word (kyk om seker te maak dit is deurgaar en kook nog ʼn paar minute as dit nodig is.)
- Voorafgemaakte pizzabasis
- Voorafgemaakte braaisous
- Sowat ʼn kwart rooiui, in snye gesny
- ½ tot 1 koppie mozzarellakaas, gerasper
- Olyfolie
Metode:
Versprei die kaas op die pizzabasis, dan die gepluisde hoenderstukkies en uie, en bedruip met braaisous. Versprei ʼn bietjie olyfolie al om die rand langs, sit dan die pizza op ʼn vooraf verhitte pizzasteen en bedek met die ketelbraaierdeksel om 7 tot 10 minute gaar te word. Haal van die pizzasteen af om voor te sit omdat dit baie warm is en nog gaarder word.