Caesarslaai op ʼn Stokkie
Nie die tradisionele Caesarslaai nie, maar beslis ʼn smaaklike slaai en met ʼn ander kinkel.
Bestanddele:
- 2 bindslaaie, in kwarte gesny
- 6 snye spekvleis
- 1 klein Franse brood, gesny
- ʼn Sprinkeling olyfolie
- Gerasperde parmesaankaas om op te dien
- Sout en peper
Vir die slaaisous
- 60 g bloukaas
- ¼ koppie suurroom
- ¼ koppie mayonnaise
- ʼn Skeutjie suurlemoen
- Sout en peper
Metode:
Berei die croutons deur die snye met olyfolie te besprinkel en dan in ʼn pan of onder ʼn rooster te braai. Hou vir seker dop dat dit nie brand nie. Dit moet goudbruin en bros wees. Maak die spek net gaar in die pan en laat afkoel. Sit al die bestanddele op die houtstokkies en wissel dit algaande af. Sit dit op ʼn plat bord, gooi die slaaisous oor en besprinkel met gerasperde parmesaankaas.
Meng vir die slaaisous die kaas, suurroom, mayonnaise en suurlemoen tot glad. Geur met sout en peper na smaak.
Genoeg vir 6.