fbpx
mac and cheese burger

Diepgebraaide macaroni-en-kaas-en-spekkonfytburgers

Read in English

Dié bieliebiefburger is propvol lekkerte van die vleiskoekie met die bykomende voordele van gunstelinge soos macaroni-en-kaas, spek en stroop. Dit is ʼn kombinasie soos geen ander nie.

  • 4 beesvleiskoekies
  • Gebraaide macaroni-en-kaaskoekies
  • Spekkonfyt
  • Blaarslaai 4
  • groot hamburgerrolletjies
  • Vleispenne vir opdien

Pak blaarslaaiblare, geroosterde beesvleiskoekies (sien die resep vir lekkerbekvleiskoekies), warm macaroni-en-kaaskoekies en hope spekkonfyt op jou geroosterde hamburgerrolle. Druk ʼn vleispen deur die bokant om alles bymekaar te hou tydens opdiening (en moenie van die ekstra servette vergeet nie!).

Diepgebraaide macaroni-en-kaas

Maak die macaroni-en-kaas die vorige dag, of minstens ʼn uur vooraf en verkoel tot ferm.

  • 250 g macaronipasta
  • 50 g koekmeel
  • 50 g botter
  • 1 koppie melk
  • 1 koppie gerasper cheddarkaas
  • Sout en peper
  • ½ teelepel mosterd

Vir afronding

  • 1 eier, geklop
  • Sowat 1 koppie Panko-broodkrummels
  • Olie vir braai

Kook die pasta in soutwater tot al dente maar nie doodgekook nie. Maak die sous deur die botter in ʼn kastrol te smelt. Voeg dan die meel by en kook 30 sekondes. Voeg die melk by en klop met ʼn draadklopper om van die klonte ontslae te raak. Verhit tot dik en romerig. Voeg die kaas by en geur met sout, peper en mosterd. Voeg die macaroni by en meng. Sit in ʼn houer en verkoel tot dit gebruik gaan word. Vorm vier macaroni-en-kaas-balle en druk plat om koekievormige bolae vir die vleiskoekies te vorm. Doop dit in die eier en dan in die broodkrummels. Verhit die olie in ʼn kastrol op die rooster. Toets die hitte met ʼn paar broodkrummels, en sit die macaronikoekies in as dit lekker warm is. Braai tot dit alkante goudkleurig is en dreineer op kombuispapier.

Spekkonfyt

  • 1 pakkie spek, gekap
  • Olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 2 eetlepels esdoringstroop
  • ¼ koppie sterk espressokoffie
  • ¼ koppie water
  • 1 eetlepel balsemieke asyn

Braai die spek in ʼn bietjie olyfolie tot amper bros. Haal uit die pan en hou eenkant. Sit die ui in die pan en verminder die hitte. Kook die ui 10 minute. Voeg die suiker en stroop by en kook 20 minute by lae hitte. Voeg die koffie en water by en kook nog 30 minute. Roer die balsemieke asyn aan die einde by.

Advertisements
The Gardener