Eierplant en Halloumi Sosaties
Jamaikaanse jerk-marinade is nie besonder algemeen in Suid-Afrika nie, maar het die perfekte tropiese flair vir ons braaiklimaat. Outentieke jerk-marinade het ʼn klomp bestanddele en het ʼn paar spesiale gereedskapstukke nodig, dus is hierdie ʼn vinniger weergawe wat in die helfte van die tyd dieselfde skop gee.
Bestanddele
- 2 groot eiervrugte, in blokkies gesny
- 500 g halloumi-kaas, in blokkies gesny
- 2 takkies vars tiemie
- ½ teelepel gemaalde wonderpeper
- 1 eetlepel bruinsuiker • 1 teelepel knoffelpoeier
- ¼ teelepel gemaalde kaneel
- ¼ teelepel rooipeper
- 1 eetlepel olyfolie
- 1 eetlepel lemmetjiesap
- Sout en peper
Metode
Sit al die bestanddele (behalwe die eiervrug en halloumi) in ʼn bak en roer. Voeg die eiervrugstukkies by en laat sowat twee uur in die yskas. (As die nood druk, sal 30 minute genoeg wees.) Steek afwisselend stukke gemarineerde eiervrug en halloumi op sosatiepenne. Bedruip liggies met olyfolie en lemmetjiesap. Maak sowat 4 minute aan elke kant gaar op die braaier tot die halloumi sag en die eiervrug donkerbruin is. Genoeg vir 4.
Advertisements