fbpx

Geroosterde Ham-, Kaas-en Applebottertoebroodjies

Read in English

Die inspirasie vir ons weergawe van Engelse straatkos kom van die ikoniese Camdenmark, net een van Londen se voedselmarkte met honderde kosstalletjies wat enigiets van Koreaanse warmbrakke, Hawaiise pokebakke en borsstukbagels tot Libanese voupakkies, New York-soutbieftoebroodjies en alles tussenin bedien, ook geroosterde krokodil-, sebra- en buffelvleis wat by die Suid-Afrikaans geïnspireerde Shaka Zulu bedien word.

Appelbotter

  • 6 klein appeltjies (of peertjies), geskil, ontkern en in stukke gesny.
  • ½ koppie appelwynasyn
  • 2 koppies water
  • 1 koppie bruin suiker
  • ½ teelepel gemaalde kaneel
  • ¼ teelepel gemaalde naeltjies
  • ½ teelepel wonderpeper
  • Sap van 1 suurlemoen
  • ʼn Knypie sout

Sit al die bestanddele in ʼn kastrol en prut minstens ʼn uur lank. Hou naby die einde van die kooktyd goed dop dat die suiker nie te gou karamelliseer nie. Maak stukke vrugte met ʼn stokmenger fyn. Die konsistensie moet soos dik konfyt wees.

Vir elke toebroodjie

  • 2 snye ciabattabrood of dik snye Franse suurdeegbrood (“country bread”)
  • Olyfolie
  • Botter
  • 2 snye swartwoudham
  • Wit cheddarkaas, dun gesny
  • 1-2 eetlepels appelbotter
  • 1 teelepel Dijon-mosterd

Maak die toebroodjies deur botter op die twee snye te smeer. Smeer mosterd op die onderste sny, sit ham en kaas bo-op en smeer appelbotter op die boonste sny. Borsel die buitekant van die toebroodjies met olyfolie voor dit op ʼn matige rooster gesit word om stadig te kook sodat die buitekant bros en die kaas gesmelt is. Sny en sit voor.

-->
The Gardener