fbpx
Jalapeño

Jalapeño-Happies met Byt

Warm en pikante happies met byt is net die ding om jou smaakknoppies wakker te maak vir die res van die braai.

Bestanddele

  • 4 jalapeños, gehalveer en ontpit
  • 1 chorizo-worsie, gekap
  • 4 eetlepels roomkaas
  • Beleë cheddar, gerasper
  • Vars koljander, gekap
  • Lemmetjiewiggies

Metode

Kook die worsie in ‘n pan tot bros en voeg die roomkaas en die helfte van die koljander by. Skep die mengsel in die jalapeño-halwes en sit die kaas bo-op. Sit dit op die rooster oor warm kole en braai tot bruin. Dien op met ekstra koljander en lemmetjiewiggies.

Advertisements
-->
The Gardener