fbpx

Jenewer Met Skop!

Read in English

Die verleidelike botaniese geure van blom-, sitrus- of speserydeurtrekte jenewer, die geur van sitrusvrugte, ʼn subtiele pikantheid van kruie en die bruising van kinawater; dis die perfekte verversing om gedurende daardie Somerskemerkelkure te geniet!

Die Jenewerherlewing is hier om te bly, groet dus die klassieke jenewer en kinawater en sluit by ons aan op ons Jenewerontdekking met dié unieke skemerkelkresepte.

Groente In Jou Dop

Gee die groentetuin diĂ© somer ʼn oorvloediger rol. Beproef diĂ© skemerkelkie en geniet die ongewone en heerlike kombinasie van wortels, basilie en sitrusjenewer.

  • 37,5 ml (1,5 sopie) Ginologist Citrus Gin
  • 200 ml kinawater
  • 25 ml wortelsap
  • ʼn Takkie basilie
  • Vars granaatpitte (indien na die seisoen) of vars frambose vir garnering
  • ʼn Glas vol ys

Sit die ys in ʼn glas. Gooi die wortelsap oor die ys en voeg dan stadig die jenewer en kinawater by. (Maak jou eie wortelsap deur die sap van agt klein worteltjies met ʼn versapper te onttrek.) Roer liggies en garneer met ʼn basilietakkie en ʼn strooisel granaatpitte of vars frambose.

Sout en Sitrus

Ginologist Citrus is ʼn heerlik verfrissende jenewer met ʼn sweempie pomelo, lemmetjie en suurlemoen. Saam met ʼn ongewone mengsel van peper, sout en ment is hierdie skemerkelkresep ʼn ware genot.

  • 37,5 ml (1,5 sopie) Ginologist Citrus
  • 5 peperkorrels
  • bietjie grofgemaalde sout
  • 8 mentblare
  • 200 ml kinawater

Vryf met jou vingers die ment, sout en peperkorrels saam om die geure vry te stel. Maak ʼn glas vol ys en voeg die mengsel van ment, sout en peperkorrels by. Voeg jenewer by en vul op met kinawater. Garneer met ment.

Lekker Gespesery

Maak dinge interessant met hierdie sagte, aangename skemerkelkie wat die vinkelstingel as natuurlike strooitjie gebruik.

  • 37,5 ml (1,5 sopie) Ginologist Spice
  • Takkies vars vinkel
  • Peperkorrels
  • 200 ml kinawater
  • Suurlemoen of lemmetjie

Gooi die jenewer, ys en kinawater in die glas. Roer die skemerkelkie met vinkelblare. Gooi die gebruikte vinkel weg, sit die peperkorrels in en garneer met ʼn vars vinkeltakkie en suurlemoen of lemmetjie. Gebruik die stingel van ʼn vinkelplant as strooitjie.

Kirstenbosch Geur

Dit bevat ʼn blommemengsel van die geure van roosmalva- en lemoenbloeiseldeurtrekte Ginologist-jenewer, ʼn paar eenvoudige bestanddele en eetbare blomme.

  • 37,5 ml (1,5 sopie) Ginologist Floral Gin
  • lemoenwiggie
  • 5 ml heuning
  • 5 salieblare
  • 200 ml kinawater

Eetbare blomme Sit die lemoen, heuning en salie in ʼn glas. Meng liggies. Voeg jenewer en ys by en vul op met kinawater. Garneer met salie en eetbare blomme. Eksperimenteer met geure deur die kinawater, heuning en eetbare blomme met pienk kinawater te vervang en granaatpitte as

Komkommerkool

Hierdie klassieke jenewer en kinawater met ʼn komkommerkinkel is vars op die palet en vinnig en maklik om te maak.

  • 37,5 ml (1,5 sopie) Ginologist Floral Gin
  • Komkommer
  • 2 vars gesnyde suurlemoenwiggies (of 5 – 10 ml suurlemoensap)
  • 200 ml kinawater Ment (vir garnering)
  • Ys

Maak ʼn glas vol ysblokkies. Gooi die jenewer in. Sny komkommerlinte met ʼn groenteskiller en sit in jou glas. Vul op met kinawater en garneer met die ment.

Die jenewer wat ons vir hierdie resepte gebruik het, is by Ginologist beskikbaar.

Advertisements
-->
The Gardener