
Kekerertjieburgers en mangosalsa




Dit is moeilik om ʼn goeie vleislose burgerkoekie te kry wat op ʼn braaier bymekaarbly om behoorlik gaar te word. Hierdie koekie is nie net lekker, maar sal ook nie uitmekaarval nie en is gaar na net 10 minute op die kole. Die pikante mangosalsa is na keuse, maar verleen lekker byt en vars geur vir warm aande wat by die swembad deurgebring word.
Kekerertjieburgers (vegetaries)
- 1 blik kekerertjies
- ¾ koppie hawermout
- 1 eier*
- 1 teelepel gemaalde komyn
- 1 teelepel gemaalde paprika
- ½ middelslag rooiui, fyngekap
- ʼn Hand vol vars koljander, gekap
- 1 eetlepel olyfolie
- ½ koppie geweekte songedroogde tamaties, gekap
- Sout en peper
Spoel af en dreineer die kekerertjies en druk fyn met ʼn vurk. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Vorm burgerkoekies van die mengsel en verkoel tot dit gebraai gaan word. Die mengsel is dalk te krummelrig om op ʼn rooster te braai, gebruik dus ʼn pan op die vuur. Maak die een kant gaar tot mooi bruin en draai om en maak die ander kant gaar. Bedien met mangosalsa.
Genoeg vir 4.
Mango Salsa
Kap ʼn paar mango’s, ʼn klein rooiui, ʼn hand vol koljander en ʼn paar jalapeños (of groen brandrissies) fyn op, meng dit in ʼn bak en sprinkel sout oor. Een brandrissie het nogal baie skop, maar vir rissieliefhebbers sal twee tot selfs drie klein rissies baie hitte gee. Mangosalsa is die perfekte ligte, vars burgerbolaag om jou burger na die volgende vlak te voer.