fbpx

Mosselsop

Read in English

ʼn Pot lekker sop met vars korserige brood is altyd ʼn wenner vir ʼn groot groep gaste. Die gapermossels wat ons gekry het, was heerlik, maar ʼn mens kan ook mossels of ander skulpvis gebruik.

Bestanddele

  • 500 g gapermossels, in die skulp
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 selderystingels, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gesny
  • 1 brandrissie, gekap
  • ʼn Handvol tiemieblare
  • ʼn Handvol pietersielieblare, gekap
  • 2 lourierblare
  • 500ml witwyn
  • 500ml room
  • 500ml aftreksel
  • 250g-pakkie spek, gekap
  • 3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel meel
  • Olyfolie

Metode

Die spek en aartappel kan algaande by die sop gevoeg word, maar ek verkies om dit apart te kook.

Braai die spek tot bros en hou eenkant.

Kook die aartappel in kookwater tot sag en hou eenkant.

Sit ʼn groot kastrol op die vuur en begin deur ʼn bietjie olyfolie, die uie, seldery, knoffel, brandrissie en kruie in te sit. Kook ʼn paar minute tot die uie sag is. Hou ook ʼn bietjie pietersielie uit vir opdiening.

Voeg die gapermossels en witwyn by, sit die deksel op en kook ʼn paar minute.

Voeg die aftreksel en room by en warm dit op.

Meng die meel met die botter. Voeg stadig ʼn bietjie hiervan by om die sop te verdik.

Wanneer alles mooi glansend en romerig is, voeg die spek en aartappel by en dien op met pietersielie en korserige brood.

Advertisements
-->
The Gardener