fbpx

Murg Met Ment Raita

Read in English

Ryk, onderskat, goedkoop en maklik om op die vuur te maak. Sit dit voor op geroosterde ciabatta met ment-raita. Eenvoudig heerlik.

Murgbene beland dikwels op pragtig versierde borde in spoggerige eetplekke en word as haute cuisine beskou, hoewel hul nederige oorsprong waarskynlik baie jare gelede uit ʼn Karooplaaskombuis kom toe vermorsing nie ʼn keuse was nie en elke deel van die dier geĂ«et is.

Bestanddele:

  • Ongeveer 3 bees- of lamsmurgbene in ronde stukke gesny per vriend
  • Ou ciabattabrood
  • Murgstrooisel: 1 teelepel elk paprika, gemaalde koljander en fyn sout, gemeng

Vir die Ment-raita:

  • Sowat 30 g vars ment, fyngekap
  • Een klein rooi uitjie, fyngekap
  • ʼn Bedruipsel rooiwynasyn

Metode:

Bestrooi die murgbene op ʼn bakplaat met die murgstrooisel sodat hulle heeltemal bedek is en sit eenkant.

Meng die raita-bestanddele in ʼn bak en sit eenkant.

Sny die ciabatta in dun snye.

Steek die vuur aan en kry bekwame kole aan die gang – jy wil hitte van ongeveer 180 °C tot 200 °C hĂª. Stoot ʼn paar kole na die kant toe en rooster die ciabattasnye tot hulle bros en goudbruin is.

Sit die murgbene op die rooster en verseĂ«l eers albei kante, draai hulle dan op hul sykante (die beenkant onder) en draai af en toe om. As die vuur te warm is, sal die murg by die murgbene uitdrup. Temperatuurbeheer is hier belangrik. Jy wil matige hitte hĂª. Die murgbene sal binne 15 tot 20 minute perfek gaar wees en daar behoort ʼn lekker kors aan albei kante te wees.

Sit voor op ʼn houtbord terwyl die murg nog warm is. Smeer die murg op die geroosterde ciabatta en bedruip met die raita. Eet terwyl dit warm is. Hou die servette reg…

Advertisements
-->
The Gardener