Ramen-Bak
Vir Ramen-bakke is die fokus op die kragsop. Maak ʼn goeie, smaaklike umami-kragsop van ʼn goeie beneaftreksel en bestanddele soos sojasous, vissous, knoffel, gemmer en miso. Ramen is ʼn gewilde Japanse noedelgereg wat sy oorsprong in China het. Dit word tradisioneel gemaak met handgemaakte noedels, aftreksel wat ure lank geprut het en streekvariasies van bestanddele. Hierdie gereg is so gewild dat dit die kitsnoedelgier laat posvat het wat die wêreld stormenderhand verower het. Die terugkeer na gesonde kos maar sonder die baie arbeidsintensiewe kooktegnieke gee ons ʼn wonderlike alternatief met hierdie baie smaaklike bak kos.
Aftreksel
- 1 koppie groente- of hoenderaftreksel
- 2 eetlepels dashi-aftrekselpoeier (na keuse – as jy dit wel in die hande kry, maak dashiaftrekselpoeier ʼn ryker aftreksel.)
- 1 eetlepel vissous
- 1 eetlepel sojasous
- 1 teelepel gerasperde vars gemmer
- 2 knoffelhuisies, fyngerasper
- 1 teelepel brandrissiesous
- Mikroblaargroente om op te dien (na keuse)
Sit al die bestanddele vir die aftreksel in ʼn kastrol en kook tot goed gemeng.
Marinade
- 3 eetlepels sojasous
- 2 eetlepels swart Chinese asyn of appelasyn
- 1 eetlepel vissous
- 1 eetlepel warm brandrissiesous
- Sap van 1 suurlemoen
- 1 teelepel suiker of heuning
Meng al die bestanddele vir die marinade en bedek die varkrepe. Marineer oornag of minstens ʼn uur lank. Rooster die repe by hoë hitte tot bros en sny dan in stukke.
Vir Die Bak
- 500 g varkrepe vir vier bakke
- Rys- of enige ander noedels 3 tot 4 minute in kokende soutwater gekook
- Eiers 5 minute gekook, afgedop en gehalveer
- Sprietuie, gekap
- Sampioene (ons het shimeji-sampioene gebruik, maar enige soort is geskik.)
- Bok choy, gehalveer
- Wortels, gerasper
Berei al die groente voor en stel die bakke saam met die noedels in die middel as basis en vul om die kante op. Bedek met die varkrepe en mikrogroente en gooi die aftreksel bo-oor.