fbpx

Veelsydige, Flopvrye Varktjops

Read in English

4 – 6 porsies

Voorbereidingstyd: 5 minute

Panbraai- of buitebraai gaarmaaktyd: 8 – 10 minute

Bestanddele

  • 4 – 6 varkvleislende of -ribtjops, afgerand volgens jou voorkeur (vra die slaghuispersoneel om die afranding met hulle skerp messe vir jou te doen)
  • Sout, peper en hoender- of braaivleisspeserye
  • 30 – 45 ml (2 – 3 eetlepels) kookolie
  • 15 – 20 ml suurlemoen- of lemmetjiesap (een eetelepel)
  • 15 ml (een eetlepel) gesmelte botter

Metode

1. Druk die varktjops droog met kombuispapier. Water of vloeistof op die tjops sal voorkom dat dit mooi goudbruin en bros braai.

2. Geur tjops met sout, peper en speserye. Gebruik ‘n biejie kookolie om die geurmiddels in te vryf.

3. Vir panbraai, verhit die olie in ‘n swaarboompan.

4. Gebruik ‘n vleistang, of twee spane of lepels, om die tjops in die pan of op die rooster buite te sit.

5. Moenie die tjops te vinnig probeer omdraai nie. Braai hulle omtrent 5 minute aan die eerste kant, of totdat die onderkante hulleself amper heeltemal losmaak van die pan of die rooster se oppervlakte.

6. Draai die tjops met ‘n tang om en braai dit vir ‘n kort rukkie aan die ander kant, totdat dit net-net gaar maar nog sappig en liggrys binne-in is.

7. Drup die botter-en-suurlemoensap oor die tjops. Verwyder van hitte en laat 5 minute staan voordat dit bedien word.

Wen- wenk

Varktjops wat teen kampertemperatuur gaargemaak word sal ‘n sappiger en beter resultaat gee as varktjops wat yskoud direk uit die yskas uit gebraai word.

Vermy dit om ‘n vurk in die tjops te steek vir hantering of omdraai. Die heerlike, geurige vleissappe sal verlore gaan.

Advertisements
-->
The Gardener